Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Boeke
Skrywer Sheugnet Buys sterf op 81
Die skrywer Sheugnet Buys met ’n leser, Mara Potgieter, agter haar.

Sheugnet Buys, die skrywer van onder meer Hitler sterf in die Vrystaat wat jare lank ’n voorgeskrewe boek vir Vrystaatse skole was, is Sondag in die ouderdom van 81 oorlede.

Sy was wel nie een van die bekendste Afrikaanse skrywers nie, maar het nietemin sewe romans, verskeie dramas asook radiodramas nagelaat.

In 1999 en 2001 het sy RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie gewen, eers met Volg die gids en daarna met Te jonk om pa te wees.

Van haar boeke sluit in Onrus op Excelsior (onder die skuilnaam Tessa, 1973), Dis koud in die somer ook (1995), Die totempaal (1997) en Tim-Tam se Afrika-avontuur (2008).

Sy het ook Engelse dramas geskryf, waarvan een op die Nasionale Kunstefees in Grahamstad opgevoer is.

Buys was besonder leergierig en het benewens skryf- en toneelspelkursusse ook braille geleer. Sy is daartoe aangevuur toe die Skool vir Blindes in Worcester ’n braille-eksemplaar van Hitler sterf in die Vrystaat vir haar gestuur het.

Buys is op 1 September 1935 as ’n nooi Hugo in Kestell in die Vrystaat gebore. Ná haar ouers se egskeiding het sy ’n ruk in Bloemfontein skoolgegaan. Haar pa was ’n apteker en oogkundige en haar ma ’n onderwyseres.

Buys het die laaste jare naby Scottburgh aan die suidkus van KwaZulu-Natal gewoon.

Meer oor:  Skrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.