Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Boeke
Word gebundel!

Inskrywings vir die derde US-Woordfeesbundel word ingewag. Benewens dat die skrywers vergoed word, word een van die verhale vir die kykNET-Silwerskermfees ontwikkel. Du Toitskloof-wyne borg die prysgeld van R30 000.

“Die Woordfeesbundel is goed op pad om ’n instelling word,” sê Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees. “Die gehalte van inskrywings het in die kort tydjie baie verbeter en ons hoop op ’n ryke oes vir 2018.” Die skrywers sal elkeen R4 000 ontvang.

Die 2017-wenner, Michèle Meyer, se verhaal “Langsaan” sal as kortverhaal verfilm en by die 2017-Silwerskermfees gewys word.

Besoek woordfees.co.za of ­dutoitskloof.co.za. Stuur e-pos na ­friedaleroux@sun.ac.za.

Skrywers wie se verhale opgeneem word, sal vroeg in 2018 in kennis gestel word. Die wenverhaal word eers by die bekendstelling van die bundel, by die Woordfees van 2 tot 11 Maart 2018, aangekondig.

Die sluitingsdatum is 30 September 2017 om 16:00.

Die 2016-bundel is reeds uitverkoop en slegs enkele eksemplare van die 2017-bundel is nog beskikbaar by ­africansunmedia.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.