26 Junie 20:55
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Feeste
10 redes om Cape Town Art Fair by te woon
Justin Dingwall stel sy nuwe versameling van werke, Black Swan Theory, by die fees bekend.Foto: Instagram

Kunsliefhebbers sal dalk oorweldig voel deur die reuse-program wat by vanjaar se Cape Town Art Fair aangebied word.

Die vyfde fees vir die skone kunste word van 17 tot 19 Februarie in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) gehou en sal die grootste een ooit wees.

Meer as 80 kunsgalerye, kurators en kunstenaars sal werke in twee sale van die Kiks uitstal, en ’n reeks geleenthede en partytjies word rondom die fees gehou.

Hier is tien van die feesorganiseerders se hoogtepunte:

1. Uitvoerende kuns

Die internasionaal bekroonde uitvoerende kunstenaar Donna Kukama voer Vrydag 17 Februarie om 18:00 in die ouditorium Chapter L: Where Rain Clouds Gathered, ’n nuwe werk, uit.

2. ’n Menslike Karwas

Dit is ’n grootskaalse interaktiewe installasie deur Katharien de Villiers van die Smith Gallery.

3. Tomorrows/Today

Ontluikende talent van oor die vasteland van Afrika en die diaspora heen sal in Tomorrows/Today ten toon gestel word. Elke kunstenaar wat hieraan deelneem, sal ’n solo-aanbieding doen en ’n toekenning sal Sondag om 16:00 met die afsluiting van die fees aan een van hulle gemaak word.

4. Beleggingsgeleentheid

Die Cape Town Art Fair is glo dié plek om te wees vir kunsversamelaars. Kunshandelaars, batebestuurders en kunskenners vlieg van oor die wêreld heen na Kaapstad om belangrike werke te koop.

Die meeste van die werke by die fees is te koop en ervare kurators en galery-eienaars sal beskikbaar wees om raad te gee oor die kunsmark.

5. Besprekingsprogram

’n Verskeidenheid internasionale en plaaslike kunskenners sal besprekings in die Kiks-ouditorium lei.

6. Boekondertekening

Die moderne Suid-Afrikaanse kunstenaar Zander Blom sal Vrydag 17 Februarie van 14:00 tot 15:00 eksemplare van sy nuwe boek Zander Blom: Paintings Volume II by die Stevenson-stalletjie in die afdeling vir tydskrifte en publikasies onderteken.

7. Kos, koffie en sjampanje

Koffie, drankies en talle kosstalletjies sal by die fees beskikbaar wees sodat niemand honger of dors hoef te ly nie. Die After Hours Bar by die Gin Bar in Waalstraat 64 in Kaapstad sal na-ure ontspanning aan kunsliefhebbers bied. Top-sjampanje sal beskikbaar wees vir dié wie se smaak in kuns en sjampanje dieselfde is.

8. Flieks

Die fliek Afro Promo #1 Kinglady van die internasionale kunstenaar Nora Chipaumire sal vertoon word, asook Mohau Modisakeng se Inzilo. Albei word Sondag 19 Februarie van 16:00 tot 17:00 vertoon.

9. Springkasteel

Toets jou bene op Michael Linders van Smith Gallery se King of My Castle (2017)-springkasteel. Dié reuse-installasie kan pret wees, maar is eintlik ’n ernstige kommentaar op die narcisme van internetkultuur en is deel van die fees se “Unframed”-afdeling.

10. Leesstof

Kunspublikasies van oor die wêreld heen sal by die fees beskikbaar wees. Dit sluit die splinternuwe tydskrif Adjective in. Dié tydskrif word by die fees bekend gestel. Die fees spog ook met sy eie app, die CTAF-app op die Artsy-platform, wat mense sal help om die fees te navigeer.

* Dit kos R140 vir toegang tot die fees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.