22 Augustus 09:09
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 22km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 11°C

Wind 28km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Saterdag

18°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

KKNK
6% meer kaartjies by KKNK verkoop

Daar is vanjaar 6% meer teaterkaartjies as verlede jaar by die KKNK verkoop.

Evita Bezuidenhout

Kaartjieverkope vir Uitkampteater het meer as verdubbel teenoor verlede jaar toe dit die eerste keer aangebied is, het Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, gesê. Die fees het Saterdag op Oudtshoorn tot ’n einde gekom.

Volgens ’n mediaverklaring meen Snyman vanjaar se feesprogram is deur ’n hele aantal unieke belewenisse gekenmerk. By die Uitkampteater is die Nederlandse ervaring met spieëls, Diep en Wentel, flink bygewoon en die uitbreiding van dié projek om ook kinderteater by Arbeidsgenot in te sluit, het van menige jong feesgangers teatergangers gemaak.

Volgens Snyman het Baron van Reedestraat se lywige straatteaterprogram aan feesgangers die geleentheid gegee om self ook kunstenaars te word en dit het groot gehore gelok.

’n Projek is ook begin om nuwe teaterresensente te ontwikkel. “Die projek Kritiek is daarop gemik om kunsjoernalistiek in Suid-Afrika te bevorder en te ondersteun. Die doel is om aan individue met ’n belangstelling in kunsjoernalistiek die geleentheid te bied om vaardighede in die skryf van analitiese en indiepte-resensies te ontwikkel,” sê sy. Kritiek se webblad is te vind by www.kritiek.co.za.

Hugo Theart, kreatiewe hoof van die KKNK, sê die inhoud van die feesprogram was van hoogstaande gehalte.

Behalwe vir teater- en musiekproduksies was daar volgens Theart vele ander juwele, soos straatteater van regoor die wêreld in Baron van Reedestraat, Danie Marais en Haidee Muller se ATKV-Kampvuuraande, Uitkampteater se uitgebreide en uitstaande aanbiedinge, Speelbos – die nuwe kinderruimte by die fees – en ook die oorhandigingseremonie van die Vryheid van die Dorp aan Evita Bezuidenhout.

“Daniel Hugo se keurige hand en vaardigheid met die boekeprogram was ’n hoogtepunt en dit was ’n voorreg om dié week politici, digters, skrywers, akteurs, regisseurs, tegnici, kunstenaars en musikante in die Klein-Karoo byeen te hê – om nie net gehore te vermaak nie, maar om te debatteer, argumenteer en sodoende konstruktief en deur middel van die kunste ons land en wêreld se kwessies te takel,” sluit hy af.

Die volgende KKNK word volgende jaar van Donderdag 29 Maart tot Woensdag 4 April gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.