26 Maart 03:41
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Feeste
Kampioen swem sommer 20 km hawefees toe

Terwyl die mense van Port Elizabeth die komende naweek sal feesvier by een van dié stad se hawes, sal die swemmer Kyle Main ook sy pad na die hawe maak – deur 20 km hierheen te swem.

Main, ’n ultra-langafstandswemmer en nasionale swemkampioen van Port Elizabeth, sal dié afstand van die Ngqura-hawe na die Port Elizabeth-hawe swem.

Die voormalige SA-swemkampioen Kyle Main gaan die naweek die 20 km tussen Port Elizabeth se twee hawes swem.Foto: WERNER HILLS

Dit vorm deel van die Hawefees van die Mense, wat Saterdag en Sondag hier gehou word. Afhangende van die weer sal die organiseerders Woensdag besluit watter dag die beste vir die swem sal wees.

’n Groot deel van die afstand wat Main wil aflê, is deel van skeepsroetes. Daarom sal hy deur bote en ’n roeier vergesel word. “Ek sal ook teen die stroom swem, so dit sal ’n strawwe swem wees,” sê Main. “Hopelik sal die wind darem saamspeel.”

Die afstand laat Main nie skrik nie; hy het voorheen die 21 km tussen Flat Island en Grand-Baie in Mauritius binne vier uur kafgedraf en in 2015 het hy ’n Afrika-rekordtyd opgestel vir die 20 km-swem van die Rottnest-kanaal naby Australië.

Selfs haaie is nie ’n bekommernis vir hom nie. “Daar sal haaie wees, maar ek het vier skilde op die bote rondom my, en dít het hulle voorheen doeltreffend weggehou.”

  • Die Hawefees vind op 25 Maart van 10:00 tot 22:00 plaas en op 26 Maart vanaf 10:00 tot 16:00. Toegang is gratis vir die publiek, met die ingange tot die feesterrein by Baakensstraat en die kloktoring.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.