23 Julie 00:33
Kaapstad Verander Area

Sondag

17°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 40km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 63%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 13km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 56%

Vrydag

17°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Flieks
The Shore Break: Nóg ’n prys vir dokkie oor beoogde titaan-myn
Nonhle Mbuthuma, ’n ekotoergids, in The ­Shore Break. Foto: Verskaf

KAAPSTAD. – Die dokumentêre rolprent The Shore Break, die ontstellende verhaal van die beoogde titaanontginning aan die Wildekus, het die Backsberg-gehoorprys vir ’n plaaslike rolprent op die pas afgelope Encounters-fees van dokumentêre rolprente in Kaapstad en Johannesburg ontvang.

Die prent, geregisseer deur Ryley Grunenwald, is vroeër vanjaar ook as beste dokumentêr aangewys op die ­internasionale omgewingsfees (Fife) in Parys. Ekstra ver­tonings van die prent moes in Kaapstad en Johannesburg ingeruim word.

In Grunenwald se prent volg sy die lewe van ’n niggie en neef wat mekaar die stryd aansê oor die beoogde mynontwikkeling deur ’n Australiese mynmaatskappy, MRCLtd.

Die prent belig benewens die beoogde ontginning die regering se plan van ’n N2- tolpad deur die Wildekus.

Die prent belig die effek van die beoogde ontwikkelings op die voortbestaan van die Pondo-gemeenskap in die omgewing, asook die bedreiging wat dit inhou vir hul kultuur en erfenis. As die ­gemeenskap hul grond verloor, het hulle geen heenkome nie. Van die families woon al vir generasies op dié grond.

Die prent besin ook oor die mense wat beswaar aangeteken het wat vermoedelik om die lewe gebring is terwyl die voormalige Pondo-koning onttroon en vervang is met ’n familielid wat die ontginning voorstaan. Dit draai in Julie op die internasionale rolprent­fees in Durban.

 Die eko-riller Virunga wat fokus op die Kongo (Kinshasa) se nasionale wildlewepark en laaste blyplek van die gorilla is as die beste internasionale rolprent uitgesonder.

Die regisseur is Orlando van Einsiedel. Slegs twee dae voor die rolprent se wêreldpremière is die park se opsigter, Emmanuel de Merode, doodgeskiet nadat hy verdoemende bewyse gelewer het van die groot gevaar waarin Virunga, ’n wêrelderfenis-terrein verkeer. Benewens die fragiele polititieke vrede in die Kongo word die park en die gorillas bedreig deur ’n rebelse weermag en deur ’n korrupte mynmaatskappy wat olie daar gevind het.

Virunga het benewens die gehoorprys 20 internasionale pryse gekry en is vir ’n Oscar benoem.

Wim Wenders se The Salt of the Earth, is die tweede ­gewildste dokumentêr. Die prent is ook vir ’n Oscar ­benoem.

Dit word gevolg deur ­Joshua Oppenheimer se bekroonde The Look of Silence.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.