30 April 16:41
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Flieks
Apollo-teater gasheer vir Deon Meyer-rolprent
Leandie du Randt is die heldin Emma le Roux in die rolprent Jagveld. Foto: Verskaf
Neels van Jaarsveld is Bosman, ’n gewetenlose skurk in die rolprent Jagveld. Foto: Verskaf

Deon Meyer se nuwe rolprent Jagveld sal die eerste Afrikaanse rolprent wees wat in jare in die geskiedkundige Apollo-teater in Victoria-Wes vertoon sal word.

Meyer, bekroonde skrywer en rolprentmaker, se aksieriller word op 1 Maart om 19:00 hier vertoon.

Hy en twee van die akteurs, Neels van Jaarsveld en Tim Theron, sal die vertoning bywoon.

Die inkomste van kaartjieverkope sal in Meyer se Ek Leef-trust gestort word. Die trust is onder meer by die Mind Moves-instituut Karoo-opvoeders betrokke.

Contessa Kruger, wat die kaartjieverkope doen en gehelp het om die teater te restoureer, sê dit is die enigste art deco-teater in Suid-Afrika wat in sy oorspronklike vorm behoue gebly het.

“Die bekende Apollo-filmfees het baie jare hier plaasgevind, maar het weens verskeie redes doodgeloop.

“Entoesiastiese inwoners het die afgelope jaar gehelp om die teater op te knap. Die gebou en die teater word mooi herstel.

“Meyer se rolprent sal hier die eerste keer in ’n Noord-Kaapse teater vertoon word.”

Entoesiastiese inwoners het die afgelope jaar gehelp om die teater op te knap. Die gebou en die teater word mooi herstel.
Contessa Kruger

Jagveld is een van vele Afrikaanse rolprente wat in die toekoms in die Apollo-teater vertoon sal word.

Jagveld handel oor Emma le Roux (Leandie du Randt) wat op pad huis toe is wanneer die skool vir die vakansie sluit. Die familieplaas is in die Groot Karoo en Emma, ’n pasifis en laerskoolonderwyser, het die roete al baie kere gery, maar die keer gaan dinge ’n ander wending inneem. Haar paaie kruis met Bosman, Baz, Jay, Boela, AJ en Piet. Bosman is die baasbrein van die dwelmsindikaat. Emma is op die verkeerde tyd op die verkeerde plek en ’n ooggetuie van ’n moord.

Vrou-alleen is sy nie ’n uitdaging vir die geharde bende nie. Of so het hulle gedink. Emma se pa was ’n recce en hy het haar alles geleer wat hy weet.

Die akteurs is Neels van Jaarsveld, Tim Theron, Bouwer Bosch, Danie Putter, Luan Jacobs en Edwin van der Walt, wat ook hul talent en veelsydigheid koelbloedige, gewetenlose bendemisdadigers inspan. Die regisseur is Byron Davis.

Kaartjies kos R350 per persoon en sluit ’n ligte ete, ’n Deon Meyer-boek met sy handtekening en ’n bottel wyn in. Ola sal die roomys en sakke verskaf.

Daar is net 200 kaartjies beskikbaar.

Kontak Kruger by selfoon 082-464-2690 en e-posadres contessakruger@gmail.com om ’n kaartjie te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.