22 Augustus 20:29
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Flieks
Madiba en La Grange se storie gaan Hollywood toe
Pres. Nelson Mandela doen die Madiba Jive saam met die mense van Riemvasmaak. Mandela se persoonlike assistent, Zelda la Grange, staan in die agtergrond. Die foto is in 1999 geneem. Foto: Christiaan Kotzé
Zelda la Grange staan by oudpres. Nelson Mandela met die oorhandiging van historiese dokumente van die Rivonia-verhoor. Foto: Felix Dlangamandla
Madiba by die stembus in 2008. By hom is La Grange en die sakeman Tokyo Sexwale. Foto: Lisa Skinner

Die trots Suid-Afrikaanse storie van oudpres. Nelson Mandela en sy voormalige persoonlike assistent Zelda la Grange is op pad silwerdoek toe.

Goeiemôre, mnr. Mandela deur Zelda la Grange is ook in Engels vertaal. Foto: Verskaf

Dié rolprent spruit uit La Grange se boek, Goeiemôre, Mnr. Mandela, waarin sy ’n intieme blik gee op die Mandela wat sy leer ken het in die amper twee dekades wat sy sy aan sy saam met hom gewerk het.

Maven Pictures, die vervaardigingspan van rolprente soos Girl Most Likely, het die rolprentregte op dié boek verkry.

La Grange sê dit is ’n enorme eer.

“Dit laat jou nederig wanneer jou lewensreis in ’n film omskep word.

“Nie net omdat dit jou eie storie is nie, maar omdat dit ’n trots Suid-Afrikaanse storie is.”

Haar storie se boodskap is eenvoudig, sê La Grange: Liefde en menswaardigheid is onoorwonne en ideologie is slegs ’n veranderlike.

Die vervaardiger Jacqui Lewis, wat die opspraakwekkende dokumentêre rolprent Going Clear: Scientology and the Prison of Belief in 2015 gemaak het, is deel van die span wat aan die rolprent sal werk.

’n Uitreikingsdatum is nog nie vasgestel nie en geen woord word gerep oor watter aktrise La Grange sal vertolk nie.

Ook ’n regisseur moet nog nadergetrek word.

Maven Pictures is gestig deur die Golden Globe-wenner Celine Rattray (The Kids Are All Right) en Trudie Styler wat onlangs aan Still Alice met Julianne Moore gewerk het.

“Ek glo en vertrou dat Maven Pictures my storie met die nodige deernis, liefde en respek sal uitbeeld,” sê La Grange.


Uittreksels en hoogtepunte uit Goeiemôre, Mnr. Mandela:

Gesprek met krieketspeler Hansie Cronjé

Nadat Cronjé skuld beken het op beskuldigings van wedstrydknoeiery het Mandela vir Cronjé gesê:

“Seun, jy het ’n groot fout begaan, maar nou moet jy ’n man wees en die gevolge daarvan in die gesig staar. Dit beteken nie ons gaan jou nie vergewe nie. Jy het jou fout erken, nou moet jy aanbeweeg.”

* Charlize Theron ontmoet vir Madiba kort ná haar Oscar-oorwinning

“Ons het koesisters bestel nadat Charlize genoem het dat sy hulle graag in Suid-Afrika sou wou eet. Madiba het vir haar koesisters aangebied en hoewel sy een geneem het, het sy dit nooit geëet nie.”

* 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi

“Laat in 2004 het Tokyo Sexwale, die voormalige premier van Gauteng en toe ’n sakeman aan die spits van ’n sakeryk van etlike miljarde rande, Madiba kom besoek en gevra hy moet saamgaan na Trinidad en Tobago om te help stemme werf. Madiba was moeg en hy was nie lus vir reis nie en dis wat hy aan die begin gesê het. Maar Tokyo, wat een van die lede van die bodkomitee was, wou dit nie aanvaar nie en twee aande later was ons op pad na Trinidad en Tobago.”




MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.