28 Junie 19:38
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Flieks
Te propagandisties om voluit te oortuig
Ewan McGregor, Jennifer Connolly en Hannah Nordberg in ’n toneel uit American Pastoral.

American Pastoral

Drama

***

Dit verbaas altyd weer opnuut om te ontdek hoe die een verfilming van ’n gesiene roman uiters geslaagd is en ’n volgende een deur dieselfde skrywer byna die ergste moet verduur. ’n Onlangse voorbeeld is Indignation van Philip Roth, deur die regisseur James Schamus in ’n draaiboek verwerk, en nou Ewan McGregor wat in American Pastoral, sy regisseursdebuut, dié taak in die hande van John Romano geplaas het.

Schamus het van sy fliek ’n eg menslike drama gemaak – een waarin die jong hoofkarakter met sy Joodse agtergrond stoei, sy seksuele ontwaking moet beteuel en op ’n meisie met haar eie probleme verlief raak. Dít alles teen die agtergrond van die Koreaanse oorlog van die vroeë 1950s.

In American Pastoral, wat ’n dekade later begin afspeel, woed ’n gesinskrisis. Die Levov-paartjie wat aan die “Amerikaanse droom” voldoen (Ewan McGregor en Jennifer Connolly) het ’n dogter, Merry, wat hakkel. Sy oorkom dit gedeeltelik as tiener, maar word reeds voor haar studentejare opstandig oor Amerika se politieke/militêre beleid en word ’n bomgooier – presies dít wat hulle nie van haar verwag het nie.

Hoewel onderhoudend, verloor dié fliek gereeld sy fokus, terwyl kontinuïteit selde heg genoeg is om logies te wees – deels ook omdat die roman ’n meer kompleks saamgestelde een is wat moeilik in ’n rolprent “vertaal”. Ook die dialoog word soms as vreemd en onnatuurlik aangevoel.

Met McGregor voor die kameras word daar te veel rondgeval met die uitlig van kleiner en slegs in ’n minderheid van gevalle belangrike details. Dít terwyl die breë blik op dié era waar protes rondom die Viëtnamoorlog en die inploffing ná die vorige anderhalf dekade van Amerikaanse trots die samelewing negatief beïnvloed het.

Wanneer Merry as 16-jarige deel word van groep jong opstandelinge wat ’n bom in ’n poskantoor plaas wat die posmeester dodelik verwond, slaan sy op vlug. Haar pa soek ’n volle tien jaar na haar voordat daar weer kontak tussen hulle ontstaan.

Die twee aktrises wat Merry speel – Hannah Nordberg tot 12 en Dakota Fanning daarná – se spel is vol van gelaaide detail al is hulle verskynings op die doek onderbenut. McGregor as Swede Lovov slaag beter in die vroeë tonele as die lateres. Dié American Pastoral is ’n gemiste kans en veral in sy tweede helfte te propagandisties om voluit te oortuig.

Met o.a. Ewan McGregor, Jennifer Connolly, Dakota Fanning. Regie: Ewan McGregor. Tydsduur: 108 minute. Ouderdomsperk: 13T.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.