21 Julie 12:28
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vermaak
Jojo-roman lewer ook drie lyke
Etienne van Heerden se roman Klimtol het pas verskyn. Rudolf Stehle het vyf vrae aan hom gestel.
Etienne van Heerden
Wanneer en waar het jy jou eerste jojo gekry? 
1964. Die Coca-Cola-rooibaadjiemanne het die dorp ingery en in die Vic ingeboek. Toe stap hulle na die kroeg waar Bobby Greenblatt van die Papegaaiplaas gereeld met sy perd ingery het en sê: “Ons karre se boots is vol yo-yo’s. Elke skoolkind gaan ene kry.” Ek aanvaar nou dit was elke wit seuntjie. Ek dink die skooldogters en al die swart kinders is verbygegaan. Die volgende oggend was hulle op die verhoog in die skoolsaal en daardie pouse staan ons op die klipperige speelgrond van “Boizaai”, Cradock, en probeer met die spinballetjies triek.
Hoe was dit om as kind jojo-kampioene se vertonings mee te maak?
Die triek Walking the Dog, wat ek in my roman “Kom, Wagter!” noem, was maklik. Maar Rock- ing the Cradle (“Siembamba” in Klimtol) was deksels moeilik. In die roman is daar natuurlik ten slotte die triek van die verlore geliefde, die Marlene.
Dis Ludo Loeloeraai, die hoofkarakter, se moeilikste triek – die triek vir diegene wat iemand verloor. Die triek van beheerverlies en verlange. Wat het van haar geword? Jy moet die klimtol van jou vinger loskry en in die lug opgooi. Wie weet wat dan gaan gebeur?
Hoe het jy op die idee gekom om ’n roman oor ’n jojo-kampioen te skryf?
Die idee het bloot soos ’n vlieënde piering ingevlieg gekom. Sagte suisgeluid, effense gloeiing en hy was daar. Dit was in Paternoster.
Klimtol is in ’n sekere sin ook ’n misdaadverhaal. Waarom het jy besluit om die misdaad-genre te betrek?
Ek en Deon Meyer het in ’n meestersklas geskerts oor die noodsaak van ’n lyk nie verder nie as bladsy een-en-’n-half van ’n boek.
Klimtol het drie lyke! Ernstig: Van Toorberg af was ek geïnteresseerd in misdaad, aandadigheid en skuld. Die uitpluis van wat gebeur het. Dis meer as ’n whodunnit-belangstelling; dit gaan oor individuele skuld, groepskuld, fantoomskuld.
Wat maak spel so aanloklik vir die jojo-speler en die romanskrywer?
Ek noem dit die Derde Ruimte, wat binnegegaan word as jy ernstig speel.
As jy ingestel is op die intelligensie van jou handpalm.
  • Van Heerden is Donderdag om 18:00 in die Graffiti-boekwinkel in Lynnwood Bridge, Pretoria, vir die bekendstelling van Klimtol. Toegang kos R40. Bespreek by 012 348 1835 of lynnwood- @graffitibooks.co.za.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.