30 April 18:43
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Vermaak
Etienne van Heerden
Klimtolkampioen se verhaal ‘Weskus-noir’
’n Verwikkelde wêreld van erns en spel in roman verken
In Etienne van Heerden se nuwe roman verken die skrywer die verwikkelde wêreld van erns en spel aan die hand van onder andere ’n klimtolkampioen se lewe. Hier beantwoord hy Willem de Vries se vrae oor Klimtol.
Etienne van Heerden en sy nuwe roman, Klimtol. Die boek word volgende jaar in Nederland uitgereik. Foto: NASIEF MANIE

Waar het die oormekaar skuif van erns en spel in hierdie ­roman vir jou begin?

Die roman is ’n uitgebreide metafoor vir skepping – of jy nou die jojo gooi of ’n storie skrywe of die boemerang jou ding maak.

Vandat jy die eerste karretjie of speelgoedgeweer of pop in ’n klein kindjie se hand stop, sê jy met jou gebaar: Speel jy’s groot.

Die droewigheid waarmee die ­Skotse afrigter op Murrayfield nou die Saterdag daar gesit het, verwese vasgevang deur die kamera met sy rug teen die muur, het net weer gewys hoe ernstig speel is.

Kyk na die egte oorlogskanon wat speels voor die wedstryd afgevuur is. Die manier waarop figure op die veld militaristies opgestel is vir die volksliedere. Spel, ernstig speel, is diep in ons psiges neergelê as patroon.

Is die hoofkarakter in Klimtol, Ludo die vroeëre jojo-kampioen, saamgestel uit ’n paar karakters of mense?

Ludo is ’n identikit van ou per­formers, die Charles Jacoby’s uit ou konsertsale, die afgeleefde senters van vervloë rugbyvelde, die suwwe hipnotiseurs en sprinkaanbeamptes en almal wat hul heyday gehad het en eens soos miervlieë gevlieg het, een heerlike vlug, en nou sit, op hul ­oudag, en die klimtol gooi op die ­voorstoepie.

Ludo word die nuwe millennium binnegebring met die aankoms van die jong jojo-kampioen Doris. Sy wys hom die ­wêreld het ’n enorme hoeveel nisse geword. Het so ’n gewaarwording romanskryf makliker of moeiliker gemaak?

Doris bring na Paternoster, waar Ludo woon, die nuwe wêreld waarin die triek nou heeltemal anders is as in Ludo Loeloeraai se dae as Coca-Cola-klimtolkampioen met ’n rooi baadjie.

Hoe lyk internasionale klim­tol­kompetisies nou, hoe gooi die ­Switsers en Japannese hom?

Tegnologies is dinge ver vooruit, die moderne jojo het nou koeëllaers, die trieks is ingewikkelder, die rol van die borg groter, die speelveld inter­nasionaal. Die kompetisie is ­strawwer en “image crafting” op die sosiale media en elders vorm ’n groot deel van die triek.

Die konsert lyk heeltemal anders as in die dae toe Ludo van dorp na dorp in die Karoo gery het.

Dit was heerlik om met die skrywe die verskillende registers te verken – van die lekeprediker se trieks tot die jong adelbors by Saldanha se wêreld tot die Karootaal tot “Weskusiaans”.

Die karakters leef gekluister aan die ­fantome van skuld en pyn en tot ’n mate definieer dit hulle. Wat het jou op hierdie gedagte gebring?

Die karakters het bloot só onder my hand ontwikkel. Elkeen dra op sy of haar eie manier aan ’n verlede. En hul verledes dam op rondom die intrige met die groot vraag: Wie het die kreefinspekteur doodgemaak, en hoekom?

By Gabriel García Márquez raak ’n ganse dorp aan ’n moord aandadig. Gedagtig aan dié in Klimtol is moord in hierdie ­roman ook simptomaties van ’n groter geweld. Is Klimtol op enige vlak te lees as verset- of betrokke skryfwerk?

Die boek wil sekerlik iets sê oor die manier waarop ons andersheid ­han­teer, oor die wyse waarop die same­lewing omgaan met die underdog.

Dit is ’n boek wat fasette van 2013 ­absorbeer. Grafiese besonderhede het my laat dink aan Die Antwoord se ­betrokke manier van doen en die groep word dan ook genoem. Is dit ’n stilistiese inspeling op hulle manier van doen?

Nadat my kollega Sonja Loots vir my gesê het dis ’n “noir-roman” het ek weer gaan oplees oor die sexy term “Mediterranian noir” – miskien het ons hier Weskus-noir met so ’n kreefsousie van Die Antwoord daarby . . . Maar grappies op ’n stokkie: Dit is so, die roman werk met verskillende ­registers.

Bedrog word teen ’n breë doek van menslike feilbaarheid gewys. Vertel meer hieroor.

Die dood van die kreefinspekteur, wie se lyk vroeg in die roman in die vlak brandertjies van Bekbaai rol, is die sneller vir die verhaal.

Dis veral Ludo Loeloeraai en ­Snaartjie Windvogel wat swaar dra aan hul verledes en wie hulle is. Hulle probeer hul weg op verskeie maniere vind in ’n komplekse web van aan­dadigheid en illusie.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.