28 Junie 19:36
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Kuns
Kyk & luister: Nelmarie du Preez
to shout – Nelmarie du Preez se kunswerk wat aan haar die eerste prys in die Sasol New Signatures-kompetisie besorg het. Foto’s: Lisa Hnatowicz
Nelmarie du Preez, wenner van die Sasol New Signatures-kunskompetisie. Foto: Lisa Hnatowicz

Nelmarie du Preez, wenner van die Sasol New Signatures-kunskompetisie, en haar rekenaar tree saam op.

Terwyl die aanwysing as algehele wenner nog by Du Preez insink, staan sy aan die vooraand van ’n solo-uitstalling in ’n galery in Londen wat op 1 Oktober begin.

“Dit is ’n nuwe galery wat spesialiseer in my soort gebruik van kuns en nuwe media. Dit is meer goed wat op vertonings gegrond is.”

Sy het die eerste prys gewen met haar kunswerk to shout, ’n multivisuele konsep. Terwyl 71 sekondes verloop, luister jy daarna, kyk na die skerm en neem in.

“Die werk wat jy hier sien, kom uit ’n baie praktiese plek. Ek het in Londen ’n meestersgraad in computational arts (kuns waarvoor rekenaartegnologie gebruik word) gaan doen, wat basies kuns via rekenaars en programmering is.

“Ek het die kursus gedoen en soveel tyd met my rekenaar deurgebring dat ek begin voel het hierdie masjien vat meer tyd as wat ek met my vriende deurbring. Ek het opgelet na hierdie verhouding wat ontstaan het.”

Du Preez begin toe wonder wat die motivering agter die nuwe tegnologieontwikkeling is en hoe mense meer deur middel van sosiale media met mekaar kommunikeer pleks van aangesig tot aangesig.

“Daar is altyd ’n soort van ’n skerm tussen ons.

“En wat maak dat ons in die eerste plek ’n behoefte gehad het om so iets te ontwikkel? In die kunswerk redeneer ek half met myself oor die verhouding tussen mens en masjien.”

In haar werk kry die masjien menslike eienskappe. Dit gaan oor tegnologie en hoe dit mense se verhoudings beïnvloed.

“Dit klink makliker om op sosiale media te kommunikeer, maar baie keer veroorsaak dit misverstande. Mense kan nie mekaar se stemtoon hoor nie.

“Ek dink dit is waaroor hierdie werk regtig praat, want ek sit en skree op die masjien – wat dan weer na my terugskree. Maar dit is ook ’n interpretasie van wat die masjien dink ek doen.”

Dit het omtrent ses maande geneem om die projek te voltooi. Dit was in die tyd van haar meestersgraad en sy moes van dié werk daarvoor gebruik.

Sy is tans ’n dosent aan Unisa in Pretoria.

“Ek vind die akademie veilig, maar ook verskriklik stimulerend, ook om met die studente te praat. Toe ek begin kuns studeer het, het ek ook maar niks van kuns geweet nie.

“Ek het gedink dit is maar hierdie tradisionele begrip, maar iewers met verloop van my studies het die dosente die goed vir my oopgemaak.

“Ek kan belang stel in wetenskap of politiek of ekonomie en ek kan dit ontdek binne die raamwerk van kuns, want jy kan al daardie goed uitbeeld met kuns. Die akademie is in hierdie stadium ook vir my ’n gemaksone.”

Unisa het elke paar maande werksessies met die studente. Tussenin is dit oop, behalwe as haar studente per e-pos met haar korrespondeer. Dit maak dit ook makliker vir haar om haar kuns te beoefen. Baie van die ander dosente is ook kunstenaars.

Sy skat sy is ’n waarnemer, maar sy is toegewyd wat navorsing betref.

“Ek is ’n baie skaam persoon. Ek sal nie sommer oor iets praat as ek nie 100% seker is oor die onderwerp of selfvertroue het om daaroor te praat nie of genoeg weet daaroor. Navorsing is vir my ’n dryfkrag in my werk.”

Soms help ander mense haar ook om goed waar te neem.

“Ek het gereeld gesprekke met my woonstelmaat gehad. Sy weet hoe om uit ’n ander perspektief na goed te kyk. Ek kan nie eintlik sê ek het hierdie werk alleen gemaak nie.

“Daar is te veel wat iemand hier en daar gesê het wat ek opgelet het. Daar het nie net skielik ’n idee gekom nie.”

Haar prysgeld van R100 000 sal sy nou stort in haar solo-uitstalling by die Pretoria Kunsmuseum volgende jaar. Die ­solo-uitstalling volgende jaar vorm ook deel van haar prys.

“Ek dink ek sal dit nog vir ’n tydperk in my werk gebruik – of dit nou ’n video of lewendige optrede, kuns of foto’s of ’n mengsel daarvan is.

“Ek dink die tema van die tegnologie sal nog steeds deurskemer. Ek is vreeslik geïnteresseerd in hoe ons as mense mekaar vertrou, maar ook goeters ontwerp wat ons vertrou.

“Ek vind die sielkunde daarvan interessant.”

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.