23 Augustus 13:53
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Kuns
Bieber wys nougeset alles wat misgekyk word
Dié foto, met die ironiese titel “Vredepark”, is te sien in Jodi Bieber se retrospektiewe uitstalling Between Darkness and Light in die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein.

Jodi Bieber: Between Darkness and Light

Oliewenhuis-kunsmuseum, Bloemfontein

Jodi Bieber is een van Suid-Afrika se mees bekroonde fotograwe – sy het onder meer in 2010 die 54ste Wêreldpersfoto van die Jaar-toekenning ontvang.

In haar uitstalling Between Darkness and Light in die Oliewenhuis-kunsmuseum bied sy ’n terugblik op agt fotografiese reekse wat tussen 1994 en 2010 geskep is en sluit ook foto’s in uit die monografieë Between Dogs and Wolves: Growing up with South Africa (2006), Soweto (2010) en Real Beauty (2014).

Die reeks Going Home: Illegality and Repatriation – South Africa/Mozambique (2000) boekstaaf die inhegtenisneming en treinreis van onwettige Mosambiekse immigrante terug na die land van hul herkoms.

Veral twee foto’s uit die reeks val op.

Die eerste toon ’n groep mans in die kamp waar hulle aangehou word. Bieber neem die mans, wat buite sit en wag, deur ’n venster met diefwering af. Die diefwering tree metafories op om die gevoel van ’n tronk of gevangenskap te beklemtoon. Die tweede foto herhaal die ervaring in ’n foto van ’n onheilspellende doringdraadheining.

Foto’s uit die reeks Between Dogs and Wolves is op ’n weldeurdagte wyse saamgestel. Dié foto’s, simmetries en in dialoog met mekaar saamgestel, verbeeld kinders van kleuters tot tieners. In party foto’s speel en dans die kinders en in ander word hulle teen die agtergrond van die rou werklikheid van armoede en geweld in die nuwe Suid-Afrika uitgebeeld.

’n Indrukwekkende getal foto’s uit Bieber so monografie Soweto is ingesluit in die uitstalling. Die reeks wys die aandag wat Bieber selfs aan kleinighede skenk, soos die helder kleure en verskeidenheid boeiende figure en teksture in die hedendaagse Soweto.

In teenstelling met die lewenskragtige foto’s van die Soweto-reeks, gebruik Bieber oorwegend swart-en-wit foto’s in die reeks Las Cañas (2003). Dit is ’n munisipale stortingsterrein aan die buitewyke van die Spaanse stad Valencia, waar sowat 100 dwelmverslaafdes woon. Die portretfoto’s bied ’n eerlike blik op die lewe van dié mense. Tog is haar foto’s nie veroordelend nie, maar beklemtoon eerder menslikheid.

Between Darkness and Light vul die hoof- en anneks-galery en in die anneks hang onder meer foto’s van Bieber se Real Beauty-reeks (2008). Hierin ondersoek sy haar eie veroudering asook die dikwels onmoontlike skoonheid-standaarde van die moderne (Westerse) samelewing.

  • Sy verbeeld Suid-Afrikaanse vrouens van verskeie agtergronde en ouderdomme as sterk en vol selfvertroue: Hulle aanvaar hul liggame en veroudering met grasie.Between Darkness and Light bied ’n insiggewende blik op kontemporêre Suid-Afrika en duur tot 9 Julie. ’n Besoek word ten sterkste aanbeveel.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.