18 Augustus 22:15
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Kuns
Die soetheid van niks doen . . .
Klaar gepraat deur Jacob van Schalkwyk, litografiese ink en kryt, grafiet en houtskool op papier.

Jacob van Schalkwyk het met sy uitstalling Dolcefarniente ’n begrip toegepas van “leer wat om te doen in die naam van die idee”.

“As daar ’n idee is wat sê ek moet ’n bronsbeeld maak, dan moet ek gaan leer hoe om ’n bronsbeeld te maak. Die idee kies die vorm wat hy wil aanneem en dan moet ek as kunstenaar nou maar inspring. As ek iets moet opvoer of uitvoer, dan moet ek gaan leer hoe om dit te doen.”

Met Dolcefarniente kyk hy terselfdertyd terug en vorentoe.

Dit is die eerste uitstalling in David Krut Projects se nuwe lokaal by Jan Smutslaan 142 A, Parkwood.

Dolcefarniente verwys na die “soetheid (sweetness) van niks doen” en ’n bestaanstoestand.

Van Schalkwyk, wat in Kaapstad woon en werk, se uitstalling bevat afdrukke, maar ook eksperimentele konsepte, wat dié galery juis wil uitstal.

Sy afdrukke is vir hom prioriteit.

“Die ander kunswerke wat ek daar ingesluit het, het ek gemeen is ’n manier om die afdrukke te interpreteer. Deur dit te omring met ’n klankbaan, ’n rolprent, beelde. Dit gee konteks aan die afdrukke.”

Een van die werke is ’n installasie, wat nie ’n installasie genoem mag word nie, wat onder meer uit waaiers en musiekinstrumente bestaan en dit maak vanself musiek.

’n Rolprent word teen ’n oop, leë muur vertoon.

In ’n ander deel van die vertrek staan ’n leer met die Amerikaanse vlag opgerol bo-op en aan ’n reling tussen die twee dele van die leer hang Van Schalkwyk se eie denims uit sy 20’s aan hangers wat hy ook self gemaak het.

“Jy begin by die idee. Jy maak jou pad deur die uitstalling. Waar ek begin het, is die vryheid om te eksperimenteer. Ek is iemand wat vashou aan my vryheid om keuses te maak met my werk en my ontwikkeling.

Van Schalkwyk (37) wil aanhou eksperimenteer. Hy het ook in 2014 ’n roman, Die alibi klub, uitgereik. Dit het ook in Engels verskyn. Hy het wel nooit beplan om ’n roman te skryf nie.

Dolcefarniente is ’n uitstalling wat aan die een kant terugkyk na wat in die laaste minstens 15 jaar gebeur het.

“Dan wil ek ook vorentoe kyk om te sê: ‘Kyk, hierdie is wat ek doen.’ Dis lekker vir iemand om in te stap en verskillende goed raak te sien. Dit is nie net ’n eentonige uitstalling nie. Daar is verskeidenheid.”

Een van die ander werke is ’n skootrekenaar wat hy in 2008 aan die brand gesteek het.

“Ek en Dylan Graham, ’n pel van my, het in Pretoria ’n soort musiekopvoering gedoen by ’n galery in die Moot, Platform on 18. Ons het ’n soort improvisasie-show gedoen. Aan die einde het ek die laptop aan die brand gesteek. Dit was ’n soort homage aan Jimi Hendrix.

“Die laptop was al klaar verwoes en gedaan. Dit was eintlik ’n soort kulkuns.”

Hy het die rekenaar waarmee hy die konsert aangebied het, vinnig omgeruil met die stukkende een wat hy toe aan die brand gesteek het.

“Dit is iets wat ek vir ’n lang tyd oorweeg het om te doen – om die laptop aan die brand te steek soos ’n kitaar. Rekenaars het begin musiekinstrumente word. Ek het daardie tyd gedink as ons nou só gaan sê, moet ons dit as ’n instrument kan hanteer. Mense het goed met hul instrumente gedoen wat iets van die tydsgees uitbeeld.”

Met dié uitstalling het hy vir homself plek gelos om iets te verander.

Hy kyk terug na sy werk, maar in ’n uitstalling bevraagteken hy nie wat hy gedoen het nie.

“Wanneer ek skryf of teken of beelde maak, is daar ’n formele uitdaging. Genot kom dan ook in die ding.”

  • Die uitstalling duur tot 1 April, wanneer Van Schalkwyk om 11:00 weer ’n rondleiding sal doen.

Bel die galery by 011 447 0627 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.