24 Junie 07:27
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Kuns
Kuns in tye waar ‘waardes’ verlore gaan

Melvyn Minnaar

David GoldblattFoto: Liza van Deventer

Hy is kwaai en twyfel oor sy werk in hierdie onsekere tye waarin “waardes” verlore gaan. Die 85-jarige David Goldblatt was met die ontvangs van Hermanus FynArts se erfenisprys onlangs duidelik onthuts.

Hy het aan die gehoor verduidelik dat sy ganse loopbaan as fotograaf geanker is in die visuele nasporing van waardes – wat hy bepaald en ongenaakbaar binne ’n etiese raamwerk beskou.

“Ek weet nie werklik waarheen nie,” was die sug van die kordate kunstenaar wat oor dekades heen die land met sy woonwa deurreis het om “strukture’ en karakters af te neem wat daardie “waardes” vir hom versinnebeeld.

Goldblatt se prys en sy opmerkings verteenwoordig ’n verdere kulturele verdieping van hierdie kusdorp se winterkunsfees.

Die reeks kunswerke wat vanjaar onder die nou gebruiklike feesprojek van “beelde-op-die-rotse” deur Lien Botha met ’n fyn oog byeengebring is, is voortreflik, prikkelend en ’n groot aanwins.

Die feeskunstenaar Willie Bester se tentoonstelling in die Rossouw Modern Space is netjies, presies en ’n hartlike blik op sy kuns, denke, medium en proses. Ook dít is ’n gepaste feeshuldeblyk – net soos wat die mooi klein tentoonstelling van Goldblatt in ’n naburige lokaal is.

Laasgenoemde is ’n uitstekende geleentheid om kleinformaatfoto’s van ’n vroeëre era van hom te sien. Daar is voorbeelde van sy bekende Gamkaskloof- en Transkei-essays van die 1960’s en 1970’s

Die groeptentoonstelling van keramiekkuns, immer gewild, handhaaf die standaarde. En ’n gawe gedagte was die uitstalling in die munisipale ouditorium van kleiner beeldhouwerke deur voormalige deelnemers aan die rotskuns. Lapkunsvlyt word ook mooi in die ou sinagoge vertoon.

Soos altyd het al die plaaslike galerye ook ’n goeie bydrae te lewer.

Maar as iets, benewens Goldblatt se woorde en teenwoordigheid, die Hermanus FynArts ’n kulturele hupstoot gee, is die dit boeiende werke wat in die Ou Hawe en daar neffens opgestel is.

Botha het daarin geslaag om kunswerke byeen te bring wat dinamies ingryp op die geskiedenis van hierdie merkwaardige argeologiese omgewing.

Sit byvoorbeeld op die bankie in die hoekie wat uitkyk op die ou baai en Karen Press se woorde (wat die tema, EchoLocation, vanjaar uitspel) verskyn soos inspirasie deur die wonderlike panorama voor jou.

Die fees duur tot 18 Junie, maar die beelde bly tot aanstaande jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.