23 Augustus 13:53
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Kuns
Somber, tragies en aangrypend

Remnants: Paul Emmanuel

Oliewenhuis-kunsmuseum, Reservoir

Name van gestorwe soldate is afgedruk op die kunstenaar Paul Emmanuel se lyf wat in die uitstalling Remnants in die Oliewenhuiskunsmuseum in Bloemfontein besigtig kan word.

Die naam van ’n gestorwe Duitse soldaat neffens dié van ’n Fransman en tussenin ook Johannes en Kodisang. Almal name van Geallieerdes afgedruk op die kunstenaar Paul Emmanuel se vel. Ingeprent, rou in voorkoms, soos wonde wat oopgekrap word.

Onder die gewig van swaar sandsakke het dié Johannesburgse kunstenaar op ’n gipsafgietsel gelê, en bly lê totdat die afgestorwenes se name rooi en pynlik in sy vel afgedruk het.

Só het Emmanuel vorm gegee aan Lost Men France, die derde installasie in sy projek The Lost Men, waarmee hy in 2004 begin het.

Lost Men France was ’n plekspesifieke installasie in die Somme-gebied waar duisende soldate in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het. Dit is hulle wat Emmanuel in herinnering geroep het met vyf reusebaniere waarop foto’s van sy lyf met die name daarop verskyn. En dit is dié menseverlies wat hy deur sy kunswerk bevraagteken.

Gehawende oorblyfsels van dié sybaniere, wat drie maande maande lank in die Somme se son en wind gewapper het, is deel van Remnants, asook uitgekose videowerke, fotografiese drukke en die gipsafgietsels.

Ter inligting word ’n video van tien minute, Remembering a Counter-Memorial: Making the Lost Men France (2014), vertoon om die proses te wys waardeur die kunstenaar moes gaan om die baniere te skep.

Die grotagtige ruimte van die Reservoir-galery is ideaal vir hierdie uitstalling. Die baniere wat uit die dak hang, skep ’n hartseerprentjie en op elke stuk flenterlap, getitel Remnant 1 tot 5 (2014), is Emmanual se beeld te sien met daarnaas die gipsafgietsels, Remnant 6 tot 10 (2014), waarin hy gelê het.

Teen een muur word projeksies vertoon van die baniere in die Franse landskap. Dus staan die toeskouer tussen die oorblyfsels van die baniere terwyl hy of sy na die video van hul installasie naby die Thiepval-monument kyk. Die stemming is somber, tragies en aangrypend.

’n Foto van die installasie in Frankryk, The Lost Men France IV (2016), verbeeld ’n plattelandse landskap wat net sowel ’n Vrystaatse landskap kon wees. Maar die onheilspellende onweerswolke roep gedagtes van oorlog en ontbering op.

  • Remnants kan tot 9 Julie besoek word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.