23 Augustus 14:03
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Kuns
Teenstelling van ‘ideale vrou’ verbeeld in uitstalling
Performing Woman, olieverfwerk deur Kim Berman.

Die verteenwoordiging van vroue in die visuele kunste word belig in die tentoonstelling I Am Rooted, but I Flow wat Vrydagaand in die Pretoriase Kunsvereniging se galery open.

Die kurators poog om die konsep van die ‘‘ideale vrou’’ te verwyder uit die geykte uitbeeldings van vroue in kunswerke. Die vroue wat hier uitgebeeld word, is gestroop, broos, kragtig, beeldskoon, ontwar en onapologeties.

Die Britse skrywer Virginia Woolf se wanhoop oor die talle sosiale verwagtinge wat aan vroue gestel word, het die kurators Johan Conradie en Pfunzo Sidogi aangespoor om werke te kies wat die moderne eise uit te beeld wat aan vroue gestel word.

Werke van kunstenaars soos Kim Berman, Vusi Beauchamp, Majak Bredell, Shenaz Mahomed, Thonton Kabeya, Carol Kuhn, Mary-lee Makunye, Dimakatso Mathopa, Marion Nowak, Liesl Roos en Avi Sooful word uitgestal.

Submerged, fotokuns deur Liesl Roos.

Die uitstalling word Vrydagaand om 19:00 deur prof. Ronel Rensburg geopen. Dit duur tot 26 Augustus.

Die adres: Mackiestraat 173, Nieuw Muckleneuk.

Galery-ure is Dinsdae tot Vrydae van 09:00 tot 18:00 en Saterdae van 09:00 tot 13:00.

Skakel 012 346 3100 of stuur ’n e-pos aan artspta@mweb.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.