Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Musiek
Caroline van 'The Voice' se eerste album op pad

Sedert sy byna twee maande gelede in die topvier van The VoiceSA was, het Caroline-Grace Brüssow nog nie juis stilgesit nie.

“Ek is baie besig, maar ek geniet elke liewe oomblik daarvan,” het sy Woensdag kort ná die finales opnames vir haar album telefonies gesê.

“Dis wonderlik om te sien hoe alles in plek val nadat ek jare daarvoor gewerk het. Dis lekker om te sê dat ek nou ’n lewe hieruit kan maak.”

Onlangs is berig dat haar Bok-man, Heinrich, wat nou vir die Docomo Red Hurricanes in Japan rugby speel, in 2018 by die Northampton Saints in Engeland gaan aansluit.

Caroline-Grace Brüssow agter die skerms tydens die verfilming van die musiekvideo vir Bid vir jou. Foto: Facebook

“Dis vir ons albei ’n uitdaging, want groot skuiwe het nou in ons albei se lewe gekom.

“Maar met Heinrich in Engeland sal dinge ’n bietjie makliker wees en ek sal nie meer ses weke op ’n slag weg van hom hoef te wees nie.”

Danksy goedkoper kaartjies, korter vlugte en die geringe tydverskil tussen Suid-Afrika en Engeland sal hulle meer van mekaar kan sien.

“Ons sal dit vat soos dit kom.”

The Voice Reunited-toer begin die naweek in Vereeniging en Caroline tree saam met Craig Lucas, die wenner, Josh Ansley, die naaswenner, en Johan (Fatman) Brummer, ook ’n finalis, op.

“Daar is beslis nou baie minder druk op ons. Jy kan dit duidelik hoor wanneer ons sing,” sê sy.

“Dit is baie lekker om weer saam met hulle op die verhoog te wees. Nou kan ons lag oor goed wat agter die skerms gebeur het en mekaar net meer geniet.”

Sy en Fatman toer ook binnekort met Beauty and the Beast.

Intussen is Caroline se eerste enkelsnit, Bid vir jou, in 13 dae byna 35 000 keer op YouTube gekyk.

“Ek is baie bevoorreg en dankbaar daarvoor. Dit is wonderlik om eindelik suksesvol te wees in iets waarvoor ek so lief is.”

Caroline mik daarna om haar album teen die einde van die maand bekend te stel.

Datums vir The Voice Reunited:

* 16 September – Barnyard-teater, Vereeniging

* 17 September – Barnyard-teater, Cresta, Johannesburgg

* 21 September – The Lyric, Gold Reef City, Johannesburg

* 23 September – Barnyard-teater, Rivonia, Sandnton

* 24 September – Barnyard-teater in die Casterbridge-sentrum, Witrivier

* 28 September – Kopanong-ouditorium (Kovsiekerk), Bloemfontein

* 1 Oktober – Goldfields Casino, Welkom

* 4 Oktober – Rio-casino, Klerksdorp

* 5 Oktober – Aardklop-kykNET-verhoog, Potchefstroom

* 6 Oktober – Weiveld, Pretoria

* 8 Oktober – Barnyard-teater, Silverstar Casino, Krugersdorp

* 27 Oktober – Bravo Lounge, Garden Route Casino, Mosselbaai

* 28 Oktober – Barnyard-teater, Plettenbergbaai

* 29 Oktober – Boardwalk-amfiteater, Port Elizabeth

* 11 November – Diemersfontein, Wellington




Meer oor:  Caroline-Grace Brüssow  |  Cd  |  Album  |  Musiek  |  The Voice Sa  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.