24 Junie 07:27
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Musiek
Franse violis tree op saam met KFO
Philippe Graffin, die solis in die simfoniekonsert op 15 Junie in Kaapstad.

Wanneer die Franse violis Philippe Graffin Donderdagaand op die verhoog van die Kaapse stadsaal stap, sal dit die 11de keer wees. Dit is ook die eerste keer dat hy onder die stok van die dirigent Bernhard Gueller optree en Brahms se Vioolconcerto saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes (KFO) uitvoer.

Dié werk, sê hy, is in wese ’n simfonie met ’n hoofviolis. “Daarmee bedoel ek die solis is deel van die orkes, maar speel by tye ’n prominente rol.”

Vra ’n mens hom of hy ná die talle kere wat hy dit al uitgevoer het steeds iets nuuts in die musiek vind, vergelyk hy dit met die liefde: “Soos die meeste belangrike dinge in die lewe, en soos die liefde, is daar altyd ’n eerste keer. Ek sal ’n nuwe weergawe van Brahms se konsert en ’n ander cadenza speel, Busoni se cadenza met timpani-begeleiding.”

Gueller, die KFO se nuwe hoof- genooide dirigent, sê hy was op die podium toe Graffin Britten se Vioolkonsert met die KwaZulu-Natalse Filharmoniese orkes uitgevoer het en beskou hom as ’n besonder sensitiewe vertolker.

Op sy beurt bestempel Graffin Gueller as “ ’n verfynde musikus”.

Suid-Afrika is vir Graffin soos ’n tweede tuiste. Hy het talle vriende in die KFO en beskryf sy optrede saam met hulle as ’n geskenk: “Dit is nie net nog ’n konsert nie.”

Wanneer Graffin nie op die konsertverhoog is nie, onderrig hy gevorderde vioolstudente in die Paryse en Brusselse konservatorium. Danksy die buigsaamheid van die poste kan hy dit saam met sy druk optreeskedule behartig, want,

“daar is altyd nog ’n konsert, nog ’n fees, nog ’n opname en nog nuwe werke om in te studeer. En dan is daar ook nog die talle reise,” sê hy.

Hy was self jare gelede ’n student aan die Paryse konservatorium en daarna van Bloomington in Indiana, VSA, waar die legendariese Yehudi Menuhin van hom kennis geneem en hom “gehelp” het.

Die dosent wat egter die grootste invloed op sy spel gehad het, is Josef Gingold. “Hy het my geleer hoe om na musiek te luister. Ek het ook les gehad by die Belgiese violis en komponis Eugène Ysaÿe, wat volgens my nie genoeg erkenning kry nie.”

Graffin gaan dit regstel deur ná sy Kaapse optrede ’n nuwe fees te vestig in Ysaÿe se somertuiste, Knokke-le-Zoute in België, waar die meester les gegee en sy bekende sonates gekomponeer het.

Naas Brahms se vioolkonsert is Liadof se “Baba Yaga”, op. 56, en Rachmaninoff se Simfonie no. 1 in D mineur op die KFO se program.
* 15 Junie om 20:00, Kaapse stadsaal. Bespreek by Computicket. Besoek ook die KFO se webblad by www.cpo.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.