23 Augustus 13:54
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Musiek
‘La Bohème’ allesbehalwe tradisioneel
Foto:

Die Salzburg-fees se opvoering in 2012 van Puccini se La Bohème was ’n debuutproduksie in dié stad se Grosses Festspielhaus – ’n haas onvoorstelbare 116 jaar ná die opera se première in Turyn.

Wat inkleding en uitstraling betref, was dié Salzburgse aanbieding allesbehalwe tradisioneel. Verbeelding is skaars nodig om te verklaar dat tradisionaliste die stuipe sou gekry het rondom die moderniteit van die visuele benadering deur die regisseur Damiano Michieletto en sy stel- en kostuum­ontwerpers.

Dié radikale wegbreek van laat 19de-eeuse konvensies en die vervanging daarvan deur ’n 21ste eeuse realiteit, het in der waarheid Puccini en sy librettoskrywers se konsep, wat op realisme gegrond is, versterk, terwyl die opera se reputasie – dat dit emosies so onbeskaamd en bykans klakkeloos op sy skouers dra – subtiel getem is.

’n Jonger geslag sal dit omarm as synde ’n konsep wat tot hulle spreek, terwyl op ’n musikaal-dramatiese vlak geen toegewings gemaak is om die opera so vars as moontlik aan nuwe bekeerlinge oor te dra nie.

Michieletto bewys hier dat hartsake tydloos is en dieselfde basiese versugtinge in nuwe tye handhaaf.

Daarby is, benewens Anna Netrebko se hoogs deurleefde Mimi, Piotr Beczala se empatiese Rodolfo en Nino Machaidze se opvallend teendraadse sterkte in haar uitbeelding van Musetta, karakters wat jou bybly deur die genuanseerde spanwydte van hul vokale bydraes.

Die oorblywende deel van die rolbesetting is oorwegend Italiaans. Die linguistiese vertroudheid van elkeen van hulle is ’n enorme positiewe stukrag om die nodige fut en die ryke idiomatiese karakter van Puccini se opera uit te dra. Gesprekke in sang word hier ekonomies, maar ook met ’n verhoogde uitdrukkingskrag waargemaak.

Om slegs een voorbeeld te noem: Die kort toneel met Schaunard (Alessio Arduini) in die vierde toneel waarin hy sy “jas-aria” sing, word behoorlik uitgelig, terwyl Arduini dit met ’n buitengewoon liriese baritonale intensiteit vokaal oordra.

Daar is geen vals emosies by Netrebko se Mimi te ontdek nie, terwyl Beczala die ongemak van Rodolfo se (her)ontmoeting met haar in die derde toneel duidelik in sy vokale beklemtonings en gesigsuitdrukkings waarmaak.

Dié Bohème is ’n letterlik kleurryke produksie, ingeklee binne ’n eietydse Parys, met enkele uiters aangrypende simbolies gelaaide visuele verwysings. In die Café Momus- toneel volg die kamera die massas feitlik te voet.

Die aandeel van die kore en Weense Filharmoniese Orkes met Daniele Gatti as dirigent, staan dan ook in alles sentraal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.