27 April 18:40
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Musiek
Roemeense pianis toer in SA
Die pianis Daniel Ciobanu toer binnekort in Suid-Afrika.

Die Roemeense pianis Daniel Ciobanu (25) wat net meer as ’n jaar gelede as die gouemedaljewenner in Unisa se 2016 Internasionale Klavierkompetisie aangewys is, begin dié naweek sy landwye toer wat buiten sy destydse prysgeld ook deel uitmaak van die pryse wat hy met dié oorwinning opgeraap het.

Ciobanu, ’n buitengewone talent wat destyds tydens die kompetisie in Pretoria ook die gehoor se gunsteling was, sal binne die volgende nege dae in vyf solo-uitvoerings landwyd, asook in een orkeskonsert saam met die KwaZulu-Natal Filharmoniese Orkes (KZNFO), in Durban gehoor word.

Sy solo-uitvoerings begin op 19 Februarie en eindig op 26 Februarie. Eerskomende Sondag se konsert is om 16:00 in die Enoch Sontonga-konsertsaal, Unisa se Sunnysidekampus, Pretoria. Maandag om 19:30 tree hy in Port Elizabeth by die ouditorium van die Suidkampus, Nelson Mandela-Universiteit, op, Dinsdag om 19:30 by die Durban Friends of Music in Berea, op 25 Februarie om 20:00 in die Baxter-teater vir die Kaapstadse konsertreeks, terwyl hy op 26 Februarie om 17:00 sy solokonserte afsluit in die Linder-ouditorium as gas van die Johannesburgse Musiekvereniging.

Sy soloprogramme bestaan uit die volgende werke: Bacanale van Silvestri, die “Andante Spianato & Grande Polonaise Brillante” van Chopin, die volledige “Skilderye op ’n Tentoonstelling” van Moessorgski, die “Toccata & Pavane” van Enescu, “Twee feëverhale” opus 20 van Medtner en die Klaviersonate no.7 van Prokofjef.

Op 23 Februarie om 19:30 voer Ciobanu ook laasgenoemde komponis se Klavierkonsert no. 3 in C majeur, opus 25, uit saam met die KZNFO in die Playhouse-teater in Durban. Daniel Boico dirigeer en die ander werke op die program is Borodin se “Prins Igor”-ouverture en Tsjaikowski se Simfonie no. 6 – “die Pathetique”.

Besprekings: Computicket, of by die loket van die ouditoriums. Kaartjies by Unisa is slegs by die loket verkrygbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.