24 Junie 07:28
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Musiek
Saxofoon en klavier om die koue te verdryf
Die Suid-Afrikaanse pianis Christopher Duigan (links) en die Spaanse saxofoonspeler David Salleras. Foto: Val Adamson

Die Spaanse saxofoon-virtuoos David Salleras en sy Suid-Afrikaanse pianisvriend Christopher Duigan gaan weer musiek maak dat die biesies bewe.

Gehore kan uitsien na dieselfde program wat hulle op hul konserttoer in April in Spanje aangebied het.

Die musiek is meestal eie komposisies wat op hul gesamentlike albums Indigo en Midnight Blue verskyn.

Salleras is ’n internasionaal erkende saxofoonspeler wat nie net vir sy knap spel in verskeie musiekstyle geloof word nie, maar ook vir sy vindingryke komposisies. Hy vervleg klassieke, kontemporêre en tradisionele Spaanse musiek-idiome wat saxofoonspelers van oor die wêreld heen graag uitvoer.

Salleras het op die jong ouderdom van 18 aan die musiekkonservatorium in Barcelona gegradueer en daarna met beurse sy studies onder puik pedagoë in Frankryk voortgesit. Daar het hy verskeie pryse verower.

Sedert 2008 is Salleras verbonde aan die nasionale konservatorium van Girona, Spanje, waar hy tot hoof van die houtblaasdepartement bevorder is. Dié werk kombineer hy met optredes as solis, kamermusikus en saam met orkeste.

Duigan, ’n Steinway-kunstenaar en bekend vir sy Music Revival-konserte, is ’n bekende konsertpianis in veral KwaZulu-Natal.

In die duo se konsertreeks sal hulle werke uit die tradisionele saxofoonrepertorium speel soos dié van JS Bach, die Spaanse komponis Pedro Iturralde en Darius Milhaud se gewilde “Scaramouche”.

Naas Duigan en Salleras se eie komposisies op Indigo en Midnight Blue sal hulle ook hul verwerkings van die immergewilde Argentynse komponis Astor Piazzolla se werke uitvoer.

Die konserttoer is soos volg:

* Pietermaritzburg: 24 Junie om 19:30, Casa Mexicana. Bespreek by booking@musicrevival.co.za of stuur ’n SMS of WhatsApp na 083 417 4473. R160.

* Pretoria: 25 Junie om 15:00, Brooklyn-teater. Bespreek by 012 460 6033. R90 en R160.

* Durban: 29 Junie om 19:30, St. Agnes-kerk, Kloof. Bespreek by 031 764 2037. R130.

* Muizenberg: 30 Junie om 20:00, Casa Labia. Genooide kunstenaar: kitaarspeler James Grace. Bespreek by 021 788 6068 of events@casalabia.co.za. R150.

* Franschhoek: 2 Julie om 12:30, Café Bon Bon by La Petite Dauphine. Bespreek by 021 876 3936. R500, driegangmaaltyd ingesluit.

* Durban: 4 Julie om 19:30, Joodse sentrum. R100 by die deur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.