30 April 16:48
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Musiek
Skuif opsy, digitale musiek, viniel is terug
Francois van Coke

Daar is deesdae baie mense wat met groot spyt rondloop oor die plateversamelings wat hulle verkoop of weggegee het toe CD’s die musiekmark begin oorneem het. Wêreldwyd raak plate al hoe meer gewild.

In Brittanje het die verkope van vinielplate in 2016 die beste syfers in 25 jaar getoon met meer as 3,2 miljoen plate wat verlede jaar verkoop is – ’n styging van 53% in vergelyking met die vorige jaar en die hoogste sedert 1991. Verlede jaar was ook die eerste jaar dat die waarde van vinielverkope hoër was as dié van digitale aflaaimusiek.

Pieter de Wit, CD-aankoper vir Musica in Suid-Afrika, het ook net goeie nuus oor plaaslike vinielverkope. “Syfers van plaatverkope het voortdurend gestyg sedert Musica weer in 2013 viniel bekend gestel het – viniel het dubbelsyfergroei getoon in 2016.” Verkope oor die Kerstyd was baie goed – baie mense koop weer plate as geskenke. Musica hou tans 70% van die vinielmark in Suid-Afrika en bied tans ’n verskeidenheid van plate in 65 winkels in Suid-Afrika en Namibië aan.

Stephen Segerman

Stephen Segerman is die eienaar van Mabu Vinyl in Kaapstad. Hierdie winkel, wat in 2001 deur die vinielliefhebber Jacques Vosloo in Kloofstraat begin is, het gehelp om viniel deur die maer jare aan die lewe te hou.

Mabu verkoop ook CD’s, video’s, boeke en DVD’s, maar dit bly in hart en siel ’n platewinkel. Segerman sê dat sy klante ’n mengsel van ouer nostalgie-versamelaars, house-platejoggies en hip-hop-liefhebbers is – en nou ook jonger musiekliefhebbers wat die USB-draaitafels koop sodat hulle na plate kan luister sonder om ’n hele hoëtroustelsel te koop.

Segerman reken daar is verskeie redes vir die groeiende gewildheid van viniel. “Ek dink dat veral jong musiekliefhebbers moontlik moeg raak vir iPods met ’n mengsel van musiek. Hulle wil sit en luister na ’n hele plaat, met die snitte in die korrekte volgorde soos die kunstenaar dit bedoel het. Hulle soek ook die ligte atmosferiese kraak en suis van ’n plaat. En hulle wil opstaan en die plaat omdraai ná 20 minute.”

Analoog klank is nou maar eenmaal warmer en het meer van ’n teenwoordigheid as digitaal. As jy my nie glo nie, luister na dieselfde liedjie op dieselfde stelsel, eers op viniel en dan op jou iPod. Plate gee jou fisieke kontak met die musiek en dwing jou om daarna te luister omdat jy dit so gereeld moet omdraai. En dit maak dat jy weet na wie jy luister.

François van Coke gaan eersdaags ’n 7”-kortspeler uitreik met twee snitte van sy tweede soloalbum, Hierdie is die Lewe, daarop. Dit word op 2 Februarie uitgereik. ’n Vollengteplaat vir hierdie album sal ook uitgereik word. Van Coke het ook so gemaak met sy eerste selfgetitelde soloalbum.

Van Coke is mal oor die medium en het al plate versamel voordat dit weer mode was. “Party mense hou steeds van ’n fisieke formaat, want die digitale formaat is so maklik en vinnig verteerbaar. Dit is lekker om ’n album aan te sit en deur te luister; dit is net soveel makliker om te skip as jy musiek digitaal luister. Ek hou ook van die grootte. Die omslag van ’n album lyk net soveel beter in die groot formaat.”

Hyself het ’n groot versameling. “Ek het ou plate van The Beatles, Beach Boys, Led Zeppelin, Black Sabbath, CCR, Bruce Springsteen, Thin Lizzy, Stones, ensovoorts. Dan het ek ook nuwe plate wat ek die laaste paar jare gekry het van The Strokes, Queens of the Stone Age, Jack White, en so meer.”

Deon Maas

Deon Maas, skrywer van Melk die Heilige Koeie, besit nie meer ’n CD-speler nie, behalwe in sy motor. Hy het ’n diverse versameling – plaaslike musiek van Nico Carstens, Die Briels, Ihashi Elimhlophe, Bobby Hendricks, Jack Parow en Fokofpolisiekar en internasionale musiek van ondergrondse hip-hop, dub reggae, Thai en Surinaamse funk tot vandag se Peaches, Tool, The Swans en KilKil.

“Ons lewe in ’n craft-era en viniel pas daarby in. Analoog klank is nou maar eenmaal warmer en het meer van ’n teenwoordigheid as digitaal. As jy my nie glo nie, luister na dieselfde liedjie op dieselfde stelsel, eers op viniel en dan op jou iPod. Plate gee jou fisieke kontak met die musiek en dwing jou om daarna te luister omdat jy dit so gereeld moet omdraai. En dit maak dat jy weet na wie jy luister.

Die komponis en musiek-regisseur Charl-Johan Lingenfelder vertel hoe hy ’n paar jaar gelede in Londen by ’n musiekwinkel ingestap het en oorstelp was om die nuutste musiek op viniel te sien. Hy het sedertdien al weer baie musiek in plaatvorm gekoop om sy reeds uitgebreide versameling aan te vul.

Lingenfelder voel die digitale revolusie het musiek van sy waarde ontneem. “Musiek is te maklik bekombaar wat veroorsaak dat ons begin anders luister na musiek. Dit het weggooibaar geword. As jy ’n plaat koop, haal jy groot geld uit en die moeite wat gepaard gaan met die luister daarvan maak dat ek groter waarde heg aan dit wat ek hoor.”

En op ’n praktiese vlak? “Min mense weet dat CD’s ’n beperkte leeftyd het. Viniel het ’n baie langer lewensduur as jy die plate en jou platespeler oppas. Mense is trots op hul plateversamelings en toerusting. Dis soos boeke. Kuns. Estetiese besittings wat deel is van wie jy is en wat jy wil hê mense van jou moet weet.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.