18 Augustus 22:13
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Musiek
Slowenië bring sy musiekkultuur na SA
Lede van die Sloweense koor Carmina Slovenica. Die koor kom Sondag vir vyf konserte en werksessies in Suid-Afrika aan.

Die Carmina Slovenica-koor se oogmerk op ’n kort besoek aan Suid-Afrika is die bekendstelling van Slowenië se musiekkultuur. Dit sal in werksessies en uitvoerings in Pretoria, Potchefstroom, Bloemfontein, Kaapstad en by die Drakensbergse Seunskoorskool geskied.

Die koor pas die Attacca-program toe wat die afgelope tien jaar reeds mense deur musiek op die hoogste kunsvlak byeenbring.

Attacca handhaaf nie net die Sloweense koorsangtradisie nie, maar verryk dit deur ensembles uit verskillende dele van die wêreld te betrek. Sukses is al in Australië, Maleisië, Amerika, Frankryk, Suid-Afrika en Bulgarye behaal.

Hoewel die program sterk fokus op kontemporêre Sloweense musiek, sluit dit nie ander eras uit nie.

In die koor se konserte sal gehore musiek deur die kontemporêre Sloweense komponiste Lojze Lebic, Jakob Jež, Marjan Šijanec, Alojz Srebotnjak en Uroš Krek hoor. Hierbenewens sal werke uit die internasionale koorrepertorium ook uitgevoer word.

Carmina Slovenica se toerprogram is soos volg:

* 19 Februarie om 18:00, Musaion, Universiteit van Pretoria;

* 21 Februarie om 19:00, Konservatoriumsaal, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom;

* 23 Februarie om 18:00, Brebnerskoolsaal, Bloemfontein;

* 25 Februarie om 19:00, Ken McKenzie-ouditorium, Winterton, Drakensberg;

* 28 Februarie om 19:00, Hugo Lambrechts-ouditorium, Kaapstad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.