26 Junie 19:23
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Musiek
Splinternuwe snit: Karlien sing vir liefde
“My hartjie”, die titelsnit van Karlien van Jaarsveld se vorige album, is ook op Valentynsdag uitgereik.

As jy nie vanjaar ’n Valentyn het nie, het Karlien van Jaarsveld vir jou vertroosting: ’n Nuwe enkelsnit en album is op pad.

Van Jaarsveld gaan op 10 Februarie ’n splinternuwe enkelsnit, “Sing vir liefde”, uitreik en dit sal van Valentynsdag af op radiostasies landwyd gespeel word.

Die liedjie en ’n bykomende musiekvideo sal van 10 Februarie af eksklusief op Apple Music beskikbaar wees.

Van Jaarsveld is duidelik lief vir Valentynsdag. Die titelsnit van haar vorige album, “My hartjie”, is ook op Valentynsdag – in 2015 – uitgereik.

Volgens ’n persverklaring het Van Jaarsveld gevoel dat dit tyd is vir iets wat as ’n baken van hoop kan dien.

Die liedjie is in samewerking met die bekende liedjieskrywers Johan Vorster en Christoph (Appel) Kotzé geskryf.

“Hierdie enkelsnit was vir my ’n lig op die horison,” sê Van Jaarsveld in die verklaring.

“Dit het vir my gevoel, terwyl ek aan hierdie album skryf, of ek kan deel wat op my hart is sonder dat dit op enige manier verdraai kan word. ‘Sing vir liefde’ laat my vry en lig voel en asof alles net oor begin!

“Ek is mal oor die nuwe liedjie en hoop dat dit dieselfde sal bring vir die mense wat dit luister – lig en ook vrede, en ’n glimlag.”

Geen verdere inligting is nog oor die nuwe album bekend nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.