Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Musiek
Veelsydige akkordeon belig
Die Trio NeukLang se lede is van links Arthur Hornig, Jan Jachmann en Nikolaj Abramson.

“Die meeste mense beskou die akkordeon as ’n instrument vir boeremusiek en besef nie hoe uitstekend dit klassieke musiek kan weergee nie. Nadat ek die Toeac-duo opgespoor het, daardie fantastiese twee Nederlandse meisies, het ek weer na ’n klassieke akkordeonspeler gesoek en op Trio NeukLang afgekom.”

Só gesels Herman van Niekerk, bestuurder van die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg, oor dié ongewone trio (akkordeon, klarinet en tjello) wat ongewone musiek speel en op sy uitnodiging pas die eerste keer voet op Afrikabodem gesit het.

Voordat Jan Jachmann, die akkordeonlid, oor hul musiek gesels, val hy opgewonde weg: “Ons het die week 300 olifante en vier van die Groot Vyf in die Krugerwildtuin gesien.”

Nie net Afrika se wild het onder hul vel ingekruip nie, ook die klanke van Afrika wat vir seker neerslag sal vind in die musiek op hul derde CD. Hulle begin daaraan “ontwerp” sodra hulle terug is in Duitsland.

Om in woorde te beskryf hoe die musiek klink wat Trio NeuKlang vandeesweek in Bloemfontein, Johannesburg en Sasolburg speel, is onmoontlik. Dit is anders en tog herkenbaar; klassiek, maar nie suiwer klassiek nie; ook nie crossover nie. “Ek kan twee uur daaroor gesels en steeds nie presies verduidelik hoe dit klink nie,” sê Jachmann.

Dit was ’n probleem, maar dié probleem was ook die impuls vir Trio NeuKlang se eiesoortige musiek.

Die konserttitel Goodbye Astor verklap wel dat die Argentynse komponis Astor Piazzolla en sy tangoritmes ’n rol speel.

Jachmann gaan haal die verhaal van hul musiek in 1998, toe die trio die eerste keer saam gespeel het en hy nog op skool was.

“Ons het mekaar uitgesnuffel om die première te kon speel van die enigste werk wat in daardie stadium vir tjello, klarinet en akkordeon bestaan het.

“ ’n Japanner in die gehoor het dit so geniet dat hy ons na ’n fees in Japan genooi het met die versoek dat ons ook ander werke, meer ‘normale’ werke, moet speel.”

Dit was ’n probleem, maar dié probleem was ook die impuls vir Trio NeuKlang se eiesoortige musiek.

“Omdat ons klassiek opgelei is, wil ons klassieke musiek speel, maar ons wou nie bestaande werke net so na ons instrumentkombinasie oordra nie.

Al drie musici speel ook saam met orkeste en ander kamer-ensembles, maar Trio NeuKlang vul ’n spesiale plek in hul musieklewe.

“Toe dink ons: Sê nou ons moet vir Piazzolla ’n konsert hou, wat sal ons speel? Dit is hoe ons weergawe van Vivaldi se Vier seisoene ontstaan het, wat alles behalwe die Vier seisoene met ’n tango-ritme is.

“Die werk is hergekomponeer. Die vier dele (seisoene) is in een saamgevoeg en elemente van Piazzolla-werke daarby ingemeng.”

Dieselfde benadering is toegepas op werke van Mozart, Grieg, Bach, Tsjaikofski, Sjostakowitsj, Rossini, Brahms, Rachmaninoff en Weber, wat ook in die Goodbye Astor-program is.

Nikolaj Abramson (klarinet) is die lid wat die verwerkings/komposisies lewer en ook vir talle ander geleenthede musiek skryf.

Die tjellis, wat in 2003 by dié twee aangesluit het, is Arthur Hornig.

Al drie musici speel ook saam met orkeste en ander kamer-ensembles, maar Trio NeuKlang vul ’n spesiale plek in hul musieklewe.

  • Optredes deur die Trio NeukLang: 14 September om 19:30: Odeionteater, Kovsiekampus, Bloemfontein. R50 tot R130 by Computicket of die deur.
  • 16 September om 20:00: Linder-ouditorium, Parktown, Johannesburg.
  • 17 September om 15:00: Etienne Rousseau-teater, Sasolburg.

Besprekings kan gemaak word by Computicket. Besoek ook hul webtuiste vir meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.