29 Maart 22:58
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Musiek
‘Vir altyd Johnny B. Goode’
Chuck Berry en sy kenmerkende eendstappie.

Die kleurryke en geliefde Chuck Berry het met sy talle treffers en kenmerkende “eendstap” nie rock ‘n’ roll gevestig nie, hy wás rock ‘n’ roll, het die Beatle John Lennon in 1972 gesê.

Vandat hy in 1955 met “Maybellene” bekend geword het, het hy die rockklank, die houding en die styl van ’n ster gedefinieer. Vandag nog bring kitaarspelers hulde aan hom deur sy nootpatrone te gebruik en sy eendstappie na te boots.

Nadat die nuus oor die dood van dié 90-jarige legende in sy huis in St. Louis, Missouri, soos ’n veldbrand versprei het, het musikante, Hollywoodsterre, glanspersoonlikhede en rockers van oor die wêreld heen hul leedwese en lof in die sosiale media uitgestort.

So het Mick Jagger van die Rolling Stones in ’n reeks twiets geskryf: “Ek is so hartseer om van Chuck Berry se dood te hoor. Ek wil vir hom dankie sê vir al die inspirerende musiek wat hy vir ons gegee het. Hy was ’n lig in ’n ons tienerjare en het lewe geblaas in ons drome om musikante te word. Sy lirieke het uitgetroon bo ander en ’n vreemde lig gewerp op die Amerikaanse droom. Chuck, jy was ongelooflik en jou musiek is vir ewig in ons ingegraveer.”

Stephen King (skrywer): “Chuck Berry is dood. Dit breek my hart, maar 90 jaar is nie sleg vir rock ‘n’ roll nie. Johnny B. Goode vir ewig.”

Bruce Springsteen (musikant): “Chuck Berry was rock se grootste beoefenaar, kitaarspeler en die grootste suiwer rock ‘n’ roll-skrywer ooit.”

Alyssa Milano (aktrise): Rus in vrede, Chuck Berry. Jy het musiek verander. Jy het almal verander wat na jou musiek geluister het. Dankie.”

Elton John (musikant): “Die grootste rock ‘n’ roll-liedjieskrywer ooit. Dankie vir al daardie wonderlike opnames wat altyd rockmusiek sal definieer.”

Skandale het geen negatiewe uitwerking op Berry se musiek en konserte gehad nie. Sy gees en musiek het die voortdurend veranderende giere en musieksmake oor die jare oorleef, selfs die drie keer toe hy in die tronk was.

Meer as 75 musikante het sy liedere gesing en van sy handelsmerklied, “Johnny B. Goode”, is daar sowat 30 weergawes. Die Republikeinse presidensiële kandidaat John McCain het dié lied in sy veldtog in 2008 gebruik totdat Berry gesê het hy steun die Demokraat Barack Obama.

Bekende liedjies naas “Johnny B. Goode” en “Roll over Beethoven” sluit in “Wee Wee Hours”, “Thirty Days (To Come Back Home)”, “Rock and Roll Music”, “My Ding-a-Ling”, “Memphis” en “Sweet Little Sixteen”.

In 2008 is al Berry se liedjies op die album Johnny B. Goode: His Complete ’50s Chess Recordings uitgereik, kort voor die 50ste herdenking van “Johnny B. Goode”.

Twee van Berry se vier kinders, Charles Berry jr. en Ingrid Berry, het hul pa se musiekgene geërf en tree as The St. Louis Band op. Charles sê dit is vir hulle ’n eer om hul pa se nalatenskap voort te sit.

USA Today sluit sy berig so af: “Chuck Berry se oeuvre het ’n trefkrag wat nooit sal vervaag nie. Hy sal onthou word so lank as wat daar musikante is wat slim genoeg is om uit dié bron van inspirasie te put.

“Noudat Chuck dood is, sal Beethoven regtig moet plek maak (roll over) en vir Tsjaikofski die nuus vertel dat hulle ’n nuwe buurman in die musiekhemel het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.