25 April 18:18
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Teater
Ek het die hele kabinet op ’n dieet, sê Evita
Die bekende sosiale vlinder en politieke aktivis Evita Bezuidenhout is van Donderdag tot Saterdag in die Boardwalk-amfiteater in Port Elizabeth te sien. Foto: Werner Hills

Ná dekades as uitgesproke aktivis is daar nie veel wat jy vir Evita Bezuidenhout oor die politiek kan leer nie – maar met dié kennis sal sy eerder Suid-Afrika vanuit Luthuli-huis se kombuis as die president se kantoor wil red.

“Ek kook vir versoening,” beduie sy oor ’n koppie koffie in die Boardwalk in Port Elizabeth, waar sy die naweek haar aanhangers met politieke kwinkslae gaan vermaak. “My kleinkinders het my gevra: ‘Gogo, hoe gaan jy ’n verskil maak?’ Toe besluit ek om te kook. Demokrasie moet mos aan die lewe bly.”

Dié benadering werk goed, meen sy.

“Ek het al die hele kabinet op ’n dieet en dit gaan so goed dat hulle al by die sitplekke van die SAA se ekonomiese klas kan inpas!”

Die kombuis is vir haar ’n veilige plek.

“Die ANC het my reeds genader om hul president te wees en ek wil hulle nie teleurstel nie, maar dis darem verskriklike werk! Boonop is dit nie ’n plek vir ’n ou vrou nie.”

Ek het al die hele kabinet op ’n dieet en dit gaan so goed dat hulle al by die sitplekke van die SAA se ekonomiese klas kan inpas!
Evita Bezuidenhout

’n Humorsin is wel ’n belangrike eienskap as jy dié leierskapspos betree, voeg Evita by.

“In politieke komedie is die leier altyd snaaks. Ronald Reagan het dit verstaan, want hy het altyd eerste gelag. So ook Nelson Mandela – en Jacob Zuma wag nie eens vir die grap voordat hy lag nie.”

Politiek het beslis ’n komedie op sy eie geword, gee Evita toe, maar spring dan vinnig om te skerm.

“Ek praat natuurlik nou as Evita in my persoonlike kapasiteit,” herinner sy, “en nie as ’n lid van die ANC nie, want in die ANC mag ons nie ons eie opinies hê nie.”

Sy het vinnig geleer om dié onderskeid te tref, want ’n skewe woord kan jou maklik bedrieg – veral op sosiale media.

“Wat jy twiet, kan jou lewe verander. My kleinkind het vir my ’n Twitter-profiel geskep en ek het al 90 000 volgelinge, maar ek vermoed hulle sit almal in dieselfde tronk buite Rustenburg.”

Evita sê dat sy Suid-Afrika se kabinet vanuit die kombuis by Luthuli-huis regruk. Foto: Werner Hills

Sy volg self die komediant Trevor Noah en is ’n groot aanhanger, sê Evita.

“Ek is baie trots op hom, want hy staan sy plek as Suid-Afrikaner vol. Ek kyk elke dag die The Daily Show en ek dink hy word sterker en sterker, want hy vind die balans tussen Afrika en Amerika – en hy ken die politiek.”

Vir Donald Trump het sy nie ooghare nie.

“Daai is ’n gevaarlike, belaglike man,” waarsku sy met ’n kopskud.

Sy wil egter met haar besoek aan Port Elizabeth nie mense bangpraat oor die politiek nie.

“Ek wil mense te midde van ’n spannende situasie laat ontspan. Ná die staatsrede het ek besef dat politici die meeste van al ons land se akteurs betaal word, maar hulle lewer nie die regte opvoering nie – eerder ’n verhaal van Rooikappie wat Wolf word en almal wat tekere gaan.

“Ek het bang grootgeword en ek wil nie mense bang maak nie. Hulle moet eerder vir die belaglike lag. Baie van die dinge wat in die politiek gebeur, is nie eintlik snaaks nie, maar as ons nie daaroor lag nie, wen die vrees.”

* An Evening with Evita word Donderdag, Vrydag en Saterdag om 19:30 in die Boardwalk-amfiteater aangebied. Kaartjies kos R130 elk by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.