26 April 13:44
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Teater
Fleur du Cap: Foot-produksie troon uit
Andrew Buckland en Jennifer Steyn vertolk die hoofrolle in Lara Foot se drama The Inconvenience of Wings.

Lara Foot se aangrypende drama The Inconvenience of Wings het met drie pryse weggestap by vanjaar se Fleur du Cap-toekennings. Die pryse vir die beste akteur, aktrise en regisseur is uit hierdie stuk gekies.

’n Spesiale prys, die Encore-prys, is vanjaar vir die eerste keer toegeken. Dit gaan aan die span van The Fall (Ameera Conrad, Thando Mangcu, Oarabile Ditsele, Tankiso Mamabolo, Sizwesandile Mnisi, Sihle Mnqwazana en Cleo Raatus). Die stuk, waarin sewe gegradueerdes wat onlangs by die UK in drama afgestudeer het hul ervarings gedurende die #RhodesMustFall-protes belig, kry die prys vir die unieke realiteitsteater wat dit aangebied het terwyl die drama hom buite op kampusse uitgespeel het.

Die pryse is gisteraand in die Kunstekaap-operahuis aan die wenners in die 20 kategorieë oorhandig.

Jennifer Steyn is aangewys as die beste aktrise in ’n hoofrol, Andrew Buckland as beste akteur in ’n hoofrol en Lara Foot as beste regisseur.

The Inconvenience of Wings kyk na bipolariteit, obsessies, verslawing en die uitwerking daarvan op ’n gesin. Steyn speel die rol van die pasiënt en Andrew Buckland haar man, Andrew, wat elke moontlikheid ondersoek om haar te probeer help.

Foot het die stuk geskryf en ook die regie gedoen.

Die pryse vir die beste ondersteunende akteur en aktrise kom ook uit een drama. Rob van Vuu­ren het sy prys gekry vir die vertolking van Nils Krogstad in A Doll’s House en Anthea Thompsonvir hare as Kristine Linde.

Pieter-Dirk Uys het vanjaar die Fleur du Cap vir lewensbydrae ontvang. Die Makukhanye Art Room, die enigste shack-teater in Suid-Afrika (in Khayelitsha), is bekroon vir innovasie in die teater vir die bevordering van teaterwerk in die woongebied.

Nog ’n dubbele bekroning is in die kategorie vir beste akteur en aktrise in ’n musiekspel of musiekteater. Hier het Paul du Toitweggestap met prys vir beste akteur as Hedwig en Genna Galloway vir beste aktrise vir haar rol as Yitzhak in Hedwig and the Angry Inch.

Die jolige musiekspel Joseph and the Amazing Technicolor Dream­coat het twee pryswenners opgelewer. Jonathan Roxmouth is as die beste byspeler in ’n musiekspel (as Pharaoh) en Niall Griffinvir beste kostuumontwerp bekroon. Taryn Sudding is as beste byspeler in ’n musiekspel aangewys vir haar vertolking van
Grace in Annie.

Marlo Minnaar sit sy segetog voort met sy rol as Lucky Marais in Santa Gamka. Hy is die wenner in die afdeling vir beste optrede in ’n revue, kabaret of eenpersoonvertoning.

Die dramaturg Mongiwekhaya se teks is bekroon as beste nuwe Suid-Afrikaanse teks vir I See You. Die beste jong regisseur is Mbongeni Mtshali.

In die tegniese afdelings is die volgende mense die wenners:

Beste beligtingsontwerp: Faheem Bardienvir Ityala Lamawele; beste stelontwerp: Saul Radomsky vir Clybourne Park; en beste klankontwerp, oorspronklike musiek of oorspronklike klankbaan:David Kramer vir District Six Kanala.

Die aanbieders van die gala-geleentheid was Africa Melane en Cathy Specific. Matthew Wild was die regisseur van die aand en hy is bygestaan deur Jason Jacobs. Op die program was onder meer die Rudi Smit-dansers, Zoe Modiga se Afro Jazz, Kaapstad Opera se African Angels en ’n keurspel uit die musiekspele Priscilla Queen of the Dessert, Funny Girl, Joseph en Evita.

Daar was vanjaar 86 produksies wat vir die pryse in aanmerking gekom het. Die beoordelaars was Africa Melane, Beverley Brommert, Christine Moritz, Eugene Yiga, Johan van Lill, Marina Griebenow, Niel Roux, Steyn du Toit en Tracey Saunders.

Die voorsitter van die paneel is Melanie Burke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.