Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Teater
‘Hemelruim’ in Distrik Ses op die planke
Tinarie van Wyk Loots en Paul du Toit in Hemelruim.

Die bekroonde toneelstuk Hemelruim is vir ’n beperkte speelvak van 25 April tot 13 Mei in die Fugard Studio Teater in Distrik Ses, Kaapstad, op die planke.

In die rolverdeling is Paul du Toit en Tinarie van Wyk Loots met Nico Scheepers as regisseur.

Hemelruim was die afgelope jaar by verskillende kunstefeeste te sien en het oral positiewe kommentaar uitgelok.

Dit is ’n vertaling van Nick Payne se Constellations, wat met groot sukses op Broadway en die West End aangebied is. Dit het ook in 2012 die Evening Standard Award vir beste nuwe produksie gewen.

Dis die verhaal van twee siele wat in en uit mekaar se lewens dryf in ’n eerlike, rou en hartroerende reis deur die sterre vol liefde, wetenskap en heuning.

Die opvoering is in Afrikaans met Engelse boskrifte. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.