23 Junie 19:25
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Teater
Stuk bied blik op Nijinski as kreatiewe genie

Vaslav

Teater-kabaret

Theatre on the Square


Godfrey Johnson as Vaslav Nijinsky in Vaslav.

Godfrey Johnson bied met hierdie eenmanvertoning, deels kabaret en deels klassieke, dramatiese monoloog, ’n aangrypende blik op ’n kreatiewe genie.

Vaslav Nijinski was ’n Pools-Russiese danser en choreograaf wat teen die begin van die 20ste eeu die balletwêreld op sy kop gekeer het. Hy het gehore geskok deur met naakte passie te dans en oerdrange en seksualiteit te vier. Hy het hulle met sy tegniek, veral sy legendariese spronge, na hul asem laat snak.

Nijinski en die impresario Sergei Diaghilev van die Ballets Russes was minnaars, maar Nijinski is uit die geselskap ontslaan toe hy trou. Hy het probeer om sy eie geselskap te bestuur, maar was onsuksesvol. Hy het al hoe minder gedans en geestelik meer onstabiel geraak. Skisofrenie is in 1919 by hom gediagnoseer. Hy was die laaste 30 jaar van sy lewe in en uit psigiatriese hospitale.

Johnson het saam met die regisseur Lara Bye (van Oskar en die pienk tannie-faam) en Karen Jeynes die teks geskryf wat gegrond is op Nijinski se dagboeke.

Wanneer die stuk open, sit Nijinksi voor ’n klavier en speel stukkies Stravinsky, Rachmaninoff, Tsjaikofski, Debussy, jazz. Sonder om na sy hande te kyk, praat hy met die gehoor. “Het jy al ooit jou hartseer gesien?” is die eerste reël.

Hy vertel hoe dit was om te dans, hoe dit was toe gehore sy naam oor en oor geroep het, hoe hy musiek ervaar. Hoe pynlik dit was om Diaghilev te verloor: “Hy kon nie verstaan dat ek ruimte in my gehad het om meer as een mens lief te hê nie.” Hy vertel wat in sy kop aangaan, van die verwarring, van ritme wat oorverdowend word.

Johnson glip in en uit die karakter van Nijinski en speel ook soms ’n psigiater en ’n klompie kritici. Hy sing ook kabaretliedjies wat hy en Bye gekomponeer het. Sommige van hulle soos "The Injection", waarin hy sing van sy smagting om weer te mag dans, is skitterend, donker, pynlik - kabaret op sy beste.  Op die agterdoek word stilfoto’s en beeldmateriaal vertoon.

Terwyl ’n mens geboei en ontroer word deur die onderwerp, is ’n mens verstom oor Johnson se tegniek as akteur en pianis, van sy vermoë om beslag te lê op die hele verhoog, maar ook om met detail, soos ’n duim wat deurentyd bewe, daaraan te herinner dat hierdie karakter letterlik sidder van genialiteit én die onvermoë om in die ondermaanse wêreld te bestaan.

As jy hou van moderne ballet, as jy belang stel in psigiatrie of as jy reg is vir teater met pit, is hierdie stuk vir jou. Dit help as ’n mens ’n bietjie weet van Nijinksi, en Debussy en Stravinsky se musiek uit mekaar kan ken. Maar dis nie noodsaaklik nie. - Corné Coetzee

Tot 25 Februarie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.