29 Junie 04:09
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Teater
Stuk gegrond op Nijinsky se dagboeke op die planke
Godfrey Johnson as Vaslav Nijinsky in die solostuk Vaslav.

Godfrey Johnson het die Russiese balletdanser en choreograaf Vaslav Nijinsky (voorheen al in Afrikaans geskryf as Watslaf Nizjinski) se skisofrenie as uitgangspunt gebruik vir die solostuk Vaslav, wat nou terug op die planke is.

Nou beeld hy onder regie van Lara Bye die binnewêreld uit van dié kunstenaar wat in Pole gebore is.

Dit is tot 25 Februarie in die Theatre on the Square in Sandton op die planke.

Die stuk is die eerste keer in 2014 op die Nasionale Kunstefees in Grahamstad opgevoer.

Dié teks deur Karen Jeynes is gegrond op die dagboeke van Nijinsky.

Johnson, wat op skool musiek as vak geneem het en só van sy naam te hore gekom het, het jare gelede Nijinsky se dagboeke gelees. Toe al het hy gedink hy wil iets oor Nijinksy doen.

“Om egter net uit iemand se dagboek voor te lees, sal baie vervelig vir ’n gehoor wees. ’n Mens het ’n rede nodig vir hoekom jy oor iemand ’n toneelstuk wil doen en ek het die skisofrenie gevind.

“Ek wou ook dans en musiek inbring. Ons het baie navorsing gedoen en musiek geluister uit daardie tyd. Ek het oorspronklike musiek geskryf en ek speel ook klavier in die stuk.”

Volgens Johnson was Nijinsky op soveel medikasie dat hy vir dokters ’n eksperiment geword het.

“Hy is geraak deur goed wat in die wêreld gebeur het. Hy het byvoorbeeld gereken hy kan die oorlog (die Eerste Wêreldoorlog) stopsit. Hy het dit eintlik persoonlik opgeneem. Hy was ’n sensitiewe persoon.”

Wat ook vir Johnson belangrik is, is dat hy Nijinsky as een van die eerste manlike supersterre op die verhoog beskou.

“In rolprente was daar name soos Rudolph Valentine en Charlie Chaplin. Maar op die verhoog was daar Nijinsky. Hy het belanggestel in nuwe kuns. Hy het opgewonde geraak oor nuwe goed. Ek dink mense is destyds geskok deur sy ballet, want hoewel dit mooi was, was daar nie iets moois op die verhoog nie. Dit was nie tradisionele ballet nie.

“Later het hy ook nie meer belanggestel om in die gewone produksies, wat hom eintlik bekend gemaak het, op te tree nie. Hy het baie moderne denke gehad. Dit was ’n vreemde tyd waarin hy hom nie behoorlik kon uitdruk nie.”

Volgens Johnson is Nijinsky se dagboeke in ’n kort tydperk geskryf. Baie daarvan is geskryf toe hy op medikasie was en die inhoud is nie alles ewe duidelik nie. Tog is daar oomblikke van duidelike helderheid.

Vertonings is Dinsdag tot Saterdag om 20:15 met ’n ekstra vertoning om 18:00 op Saterdag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.