23 Junie 22:36
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Teater
TUT-studente verken verkeer in teaterstuk

Die spitsverkeer is die inspirasie vir die teaterproduksie Dance of Death, aangebied deur die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se department drama en film.

Dance of Death word die eerste week in Mei by TUT opgevoer.

In dié stuk waaraan die regisseur saam met agt opkomende skrywers aan die produksie gewerk het, word die verkeer as onderwerp beskou wat almal verenig.

“Dit is regtig iets wat elke stedeling dieselfde ervaar,” sê Karina Lemmer, regisseur van dié produksie wat gesproke dialoog, vele elemente van fisieke teater en dans bevat.

“Dit is baie interessant om te verken. Ek het vir ’n maand met ’n kamera (dash cam) aan my motor gery en ons het dit gebruik as deel van ons navorsing. Ons het dit ontleed wat afgeneem is. Jy kom konstant daarmee in aanraking en wanneer jy stilstaan in verkeer word jy ook met jou eie gedagtes gekonfronteer.”

Lemmer, ook ’n dosent aan die TUT, en Franco Prinsloo, wat die musiek gekomponeer het, het in gebiede soos Sunnyside, Pretoria, gaan rondry. Hulle was ook op snelweë.

Die geraas van die verkeer en dit wat hulle waargeneem het, het hulle gebruik as om die musiek van die produksie te komponeer.

“Om in die verkeer te wees is ’n vreemde, maar ook ritmiese beweging. Maar almal moet saam daardeur gaan. Ons ‘dans’ saam.”

Die stuk bestaan uit verskillende karakters wat verskillende perspektiewe na vore bring.

Die rolverdeling bestaan uit senior studente van die departement.

Vertonings duur in die Rostrum-teater op die TUT se kunskampus van 2 tot 6 Mei.

Vertonings begin om 19:00 (met ’n bykomende vertoning om 13:00 op 6 Mei) en duur ’n uur.

Kaartjies kos R50.

Skakel 012 382 6130 of stuur e-pos aan SteynfCM@tut.ac.za om te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.