23 Augustus 13:55
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Teater
Verraad kan ligtelik opgeneem word

Betrayal

Theatre on the Square, Sandton

Carly Graeme, Antony Coleman en Tom Fairfoot in Betrayal in die Theatre on the Square in Sandton. Foto: Philip Kuhn

Met verraad as hooftema – menige mens het immers ondervinding hiervan – verwag jy Harold Pinter se teks sal ’n aar raakboor, maar hier skort iets.

Die gewigtige onderwerp ten spyt, word hier nogal taamlik ligtelik daarmee omgegaan.

Die storie dryf jou beslis nie tot trane nie, maar met die sak van die gordyn voel jy ook die storie is onvoltooi, in die middel van nêrens. Dalk is dit doelbewus so, maar dit het gepla.

Verraad binne die huwelik én ’n vriendskap is die kern van Betrayal. Ontrouheid is immers iets waarmee Pinter goed vertroud was, gegewe sy jare lange verhouding met die BBC-televisieaanbieder Joan Bakewell. Hy pak die onderwerp aan deur dikwels gelyktydig snaaks en ernstig te wees, en dit hou die aandag.

Onder leiding van die regisseur Greg Homann kwyt die spelers, Antony Coleman, Carly Graeme, Tom Fairfoot en José Domingos, hulle goed van hul taak.

Die drama begin in die laat 1970’s en vorder in trurat tot in 1969. Op ’n skerm word die jaartal en die lokaal vertoon.

Dit opsigself is prikkelend, want wie het nog nie op ’n punt in die lewe gekom waar jy wonder hóé die pad tot daar gelei het nie.

’n Baie interessante sielkundige aspek kom na vore soos die storie ontvou; die ontstaan van ’n buite-egtelike verhouding, sekere bekentenisse en dan die geheimhouding. Daar is skerp, gevatte interaksie tussen die karakters en dit lewer humoristiese stof en veral die woordkeuses is baie slim.

Drie karakters is in ’n liefdesdriehoek betrokke. Jerry knoop ’n verhouding aan met Emma, wat toevallig ook met sy beste vriend, Robert, getroud is. Terselfdertyd is Jerry ’n getroude man en is soos Emma en Robert ook ’n ouer.

Dit is ’n stuk wat jou laat luister en jy volg met belangstelling die verloop (terug na die verlede). Aanvanklik is daar ’n lekker ritme en intimiteit.

Met die openingstoneel bevind die gehoor hom midde-in ’n ongemaklike situasie tussen die twee karakters wat destyds owerspel gepleeg het. Nou staan hulle oorkant mekaar in ’n kroeg. Dit is komies, maar die verlede hang soos ’n dreigende wolkbreuk oor hul koppe.

Verhoudings is onder die soeklig, maar dit is ook ’n diep blik op vriendskap. Dat Jerry se vrou nooit figureer nie, is ’n funksionele komponent van die storie.

Die storie wat agteruitloop, is heel gepas. Jy kyk en ervaar, maar die slottoneel kom eerder oor as die weg na ’n volgende toneel waar die ontknoping volledig uitspeel. Dis tog ’n mooi toneel, maar nie sterk genoeg op eie been nie, want sodra die ligte doof, is jy nie oortuig hier is nou werklik ’n vol sirkel bereik nie.

* Tot 1 Julie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.