27 Maart 00:54
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Tv
Spanne vir ‘The Voice’ gefinaliseer
Bobby van Jaarsveld het in Sondagaand se episode van The Voice SA op die verhoog gespring en met Michelle Benham gedans om haar te oorreed om deel van sy span te word. Foto: Verskaf

Die koeël is deur die kerk en al die spanne van die vier beoordelaars van The Voice SA is ná Sondagaand se program gefinaliseer.

Met die laaste ronde van blinde oudisies moes die afrigters vinnig spring om seker te maak hulle raap die laaste paar talentvolle sangers op.

Al het drie van die afrigters vir PJ Pretorius (26) van Secunda omgedraai, het hy egter net oë gehad vir Karen Zoid.

Pretorius, ’n sangleier by die Kruik Gemeentekerk in Secunda, moes onbetaalde verlof neem om die oudisie by te woon. Sy weergawe van Coldplay se “Yellow” het Zoid, Kahn Morbee en Lira se stoele laat draai.

Dawie de Jager van die groep Klopjag het ’n plek in Bobby van Jaarsveld se span losgesing. Foto: Verskaf

“Jou stem is iets wat ’n mens op ’n roadtrip sou hoor,” het Lira aan Pretorius gesê.

“Jou stem is baie vars en ek hou van die feit dat jy buitentoe sing. Dit het mode geword vir mans om baie meer binnensmonds te sing. Jou stem is duidelik en ryk en ek is mal daaroor. Dit klink asof jy van Radioland af kom,” het Zoid gesê.

Zoid het haar span gefinaliseer deur die insluiting van Samantha Salomon en Chico Muya.

Sy het egter ’n geleentheid misgeloop om ’n vriend op haar span te kry nadat slegs Bobby van Jaarsveld vir Dawie de Jager (33) omgedraai het. De Jager is ’n sanger van die Afrikaanse groep Klopjag en komponis van die klankbane vir rolprente soos Verraaiers, Roepman en Sy klink soos lente.

“Ek kan nie glo dit is jy nie. Jy is die sweetste man en ’n ware musikant en ek hoop jy gaan ver,” het Zoid ewe verbaas gesê toe sy omdraai en vir De Jager sien.

Van Jaarsveld, wat ook ’n kranige Klopjag-aanhanger is, het ná De Jager se oudisie gebieg dat hy al geld uit sy ma se beursie gesteel het om ’n Klopjag-CD te koop.

PJ Pretorius van Secunda, wat onbetaalde verlof geneem het om deel te neem aan The Voice SA.Foto: Verskaf

Lira moes die hardste baklei om vir Michelle Benham (27), ’n dansonderwyseres van Johannesburg, in haar span te kry nadat al vier die afrigters vir haar omgedraai het.

Van Jaarsveld het ná Benham se weergawe van Whitney Houston se “I Wanna Dance with Somebody” op die verhoog saam met haar gedans om haar te oorreed om deel van sy span te word.

“Jy is die volle pakket. Jy kan dans, sing, jy’t energie en jy is mooi. Jy kan baie ver gaan en ek is 100% vasberade om ’n vrou te laat wen vanjaar,” het Lira gesê.

“Jy was een van die beste vroue wat ons al gehad het,” het Zoid oor Benham gesê

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.