22 Augustus 09:04
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 22km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 11°C

Wind 28km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Saterdag

18°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Tv
Sprokiesbruilof: Flooze krap bruid se ma om
Jaco en Lilienne Botha.Foto: kykNET

Al het die Flooze koppe met die bruid se ma gestamp en die bruidegom minute voor die troue nog bier in ’n swembad gedrink het, het Jaco Botha en Lillienne Kriel se “gemaklike” troue eintlik goed afgeloop.

Dié paartjie se troue by die Zanandi-klub in Hartebeespoort is Donderdagaand op die program Sprokiesbruilof op kykNET uitgesaai.

Jaco en Lillienne het mekaar by ’n partytjie in ’n kroeg in Pretoria ontmoet.

“Ons wou met ons troue die lewe vier en dit gemaklik hou. Daarom die vellies en platskoene,” het Lillienne aan die aanbieder Sorina Erasmus, ook bekend as die Flooze, gesê.

Hoewel Lillienne ontspanne was, het Sorina effe senuagtig gelyk nadat sy met die bruid se ma, Annelie, koppe gestamp het.

Toe Sorina vir Annelie “antie” genoem het, het sy die Flooze vinnig op haar plek gesit.

“Jy kan my maar net vir die res van die aand Annelie noem, baie dankie,” het sy gesê.

Jaco wou gehad het die ringe moet met ’n afstandbeheerde speelgoedmotor na die kansel aangery word. Hy wou ook kaalvoet trou.

Maar hy het nie sy sin gekry nie en moes toe vir hom ’n paar vellies gaan koop het. Die ringe is toe deur die bruid se suster in ’n houtkissie aangedra.

“Hy (Jaco) en sy strooijonkers is soms soos die drie musketiers, hulle kan baie partytjie,” het Lillienne gesê.

Die paartjie is deur pastoor Kobus getrou nadat Lillienne in ’n ou rooi Volkswagen Kombi opgedaag het.

“Ek het eers senuagtig begin voel toe Lillienne aangekom het. Maar toe sy eers by my was, was ek rustig omdat sy so beeldskoon en perfek gelyk het,” het Jaco gesê, wat bruin vellies, kruisbande, ’n wit hemp en khakibroek aangehad het. Hy het ook ’n newsboy-pet op sy kop gehad.

Pastoor Kobus het gesê om getroud te wees is nie perfek nie, maar is eerder ’n belofte.

“Met die Here is die liefde kosbaar, koester dit,” het hy geklee in ’n motorfietsklub-onderbaadjie, gesê.

“Dit voel asof niks verander het nie,” het Jaco na die onthaal gesê

“Dit was werklik ons sprokiesbruilof gewees,” het die Botha-egpaar saam gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.