23 April 21:43
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Tv
‘Vandag is die slegte dag,’ sê Kokkedoortjie
Ian Grobler (13) van George se ma is baie trots op sy hantering van die feit dat hy uitgestem is.Foto: Verskaf

Ian Grobler (13) van George in die Wes-Kaap het Woensdag met ’n swaar gemoed opgestaan en aan sy ma gesê: “Vandag is die slegte dag.”

Nietemin het hy om 05:00 opgestaan om voor skool nog ’n wortelkoek te bak om aan sy onderwysers te verkoop.

“Dis wat hy doen pleks van huiswerk,” sê sy ma, Elzeth.

Die derde episode van KykNET se kosmaak-werklikheidsreeks vir kinders, Kokkedoortjie, is Woensdagaand uitgesaai en Ian was die eerste deelnemer wat sy sleutel moes teruggee.

Die jong kokke se uitdaging was om ’n terug-skool-toe-kosblik voor te berei. Ian het aspersies in spek gerol en op ’n broodjie gepak.

“Ek is baie trots op die ander kokke, want hulle het beter as ek gedoen,” het Ian gesê terwyl ’n vet traan by sy wang afloop nadat hy die nuus gekry het. “Ek sal nie ophou kook nie.”

“Die werklikheid van realiteitstelevisie het my onmiddellik getref,” sê Elzeth. “Al die kameras het op sy gesig gefokus en jy wil net jou kind terug in sy dop sit en voor die kameras wegvat.

Christiaan Cloete (11) van Raithby het die tweede episode van Kokkedoortjie gewen. Foto: Verskaf

“Ek ken my kind en ek weet hy wou nie daar voor die wêreld staan nie, maar hy het dit ontsettend goed gehanteer. Toe ek eers besef wat gebeur het, toe kom daai liefde vir jou kind en jy mag hom nie verskriklik vashou nie, want hy is ’n seun.”

Elzeth sê die feit dat Ian uitgeval het, was ’n skok want hy het in die vorige episodes goed gevaar, en sy was baie trots dat dit so goed gegaan het.

Hulle gaan as gesin steeds die program kyk en kan nie wag om te sien wie uiteindelik gaan wen nie.

Ian wil steeds eendag ’n pattiserie besit en sy ma sê hy het nadat hy by Kokkedoortjie weg is, tydens skoolvakansies by restaurante gaan werk.

“Ek het aan hom gesê al gaan hierdie deur toe, begin deure eintlik nou vir hom oopmaak. Hy’s nog jonk en het soveel drome wat voorlê,” sê sy.

Ian het ’n Lekkerslaap-geskenkbewys van R1 000 en studiebeurs van R20 000 van Vir Seker ontvang.

Christiaan Cloete se wen-kosblik waarvoor hy ’n laagbrood gebak het. Foto: Skermgreep

Christiaan Cloete (11) van Raithby was die wenner van dié episode en die beoordelaars was beïndruk deur die laagbrood wat hy gebak het.

“Dit was ’n interessante gevoel, aangesien ek wen en iemand anders gaan huis toe,” sê Christiaan. “Dit was lekker, maar ook nie baie lekker nie.”

Christiaan sê Ian se gereg het vir hom baie lekker gelyk, maar hulle het nie die kans gekry om mekaar se geregte te proe nie. “Ons het vreeslik baie sweets uit die spens gesteel,” sê hy.

Sy ma, Martmarié, was baie bly vir sy onthalwe. “Dit was baie lekker om my ma daar te hê en ons het mekaar beter leer verstaan, maar ons het nogal baie baklei,” sê Christiaan. “Dit was moeilik, maar ons het eventually oor die weg begin kom.”

Hy sê om aan Kokkedoortjie deel te neem, het reeds vir hom baie geleenthede geskep om deeltyds spyseniering te doen en hy is selfs gevra om vir sy skoolhoof se verjaardag ’n deftige ontbytpiekniek op die skoolterrein voor te berei.

Baie kinders by sy skool kom sê aan hom hulle het hom op televisie gesien. “Dis baie cool om myself te sien op televisie, want dit help my selfvertroue baie,” sê hy.

* Kokkedoortjie word Woensdagaande om 20:00 op KykNET uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.