21 Julie 12:28
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vermaak
‘Rough Musick’
Uitvoering op fees daag gehore se persepsies uit
Herinterpreteer Britse kulturele rituele en gebruike
Die Kaapstadse vertoonkunstenaar Gavin Krastin in Rough Music op die kunstefees in Grahamstad. Foto: Verskaf

GRAHAMSTAD. – Stel jou ’n klein, hegte gemeenskap in middeleeuse Engeland voor. ’n Dorpenaar doen iets onaanvaarbaars. Onder ’n kabaal van potte, panne en ’n gevloek word die skuldige die dorp uitgejaag.

Gebeure met hierdie strekking word vandeesweek hier op die Nasionale Kunstefees in Rough Musick van die Kaapstadse vertoonkunstenaar Gavin Krastin herbesoek. Hy het in 2010 die Standard Bank Ovation Award op die fees ontvang en is ook die afgelope twee jaar vir sy “kreatiewe herinterpretasie van openbare ruimtes” bekroon.

Hy sê die idee vir hierdie werk het gespruit uit sy verkenning van homself as ’n witman van Britse afkoms in Suid-Afrika ná kolonialisme en ná apartheid.

“In my navorsing het ek van vele antieke Britse gebruike en rituele te wete gekom, waarvan talle bisar oorkom en waarvan een ‘rough music’ was.”

Dit behels ’n gebeurtenis of ’n ritueel waarin ’n oortreder in die openbaar verneder word deur mense wat ’n kakofonie maak en dan die geraas na die individu “stuur”.

In Rough Musick, ’n opdragwerk van die Nasionale Kunstefees, herbesin, herinterpreteer en kombineer Krastin en Alan Parker ’n hele paar Britse kulturele rituele en gebruike. Dit word tot Saterdag elke middag om vyfuur in die kleed- en badkamers van die St. Andrew-kollege op dié setlaarsdorp aangebied.

“Histories is die skool nogal wit en bevoordeel – dit spreek tot die bekende temas en idees van Rough Musick.” Krastin sê die werk is ook toepasbaar op ander ruimtes, mits daardie ruimtes spreek tot temas en rituele van byvoorbeeld skaamte.

“Ek gaan Rough Musick einde Julie in ’n kerk in Kaapstad opvoer.” Dus ’n ruimte waar die temas en rituele van skaamte, sonde en skuld nie onbekend is nie.

Hy meen die werk sal nie dieselfde impak hê in ’n teater of galery nie. “Mense se persepsies verander en hul verwagtinge en manier van dinge sien ook as hulle by kuns buite die konvensionele en formele ruimtes betrokke is.”

Gegewe die instelling van ’n Standard Bank Jong Kunstenaarprys vir kuns-in-uitvoering (performance art) op vanjaar se fees, word dié kunsvorm toenemend as ’n dissipline erken.

“Ek dink gehore reageer al hoe meer op dié werke, maar daar is steeds baie veilige en konserwatiewe toekykery. Kuns-in-uitvoering is telkens moeilik om na te kyk en nie baie genotvol nie.

“Net soveel as wat mense uitgedaag en gekonfronteer wil word, wil hulle ook vermaak word en volg maklik ’n gewone narratief met ’n dramatiese begin, middel en einde. Kuns-in-uitvoering wis egter die voor die hand liggende en die konvensionele of tradisionele uit.”

Hy vergelyk kuns-in-uitvoering tans in Suid-Afrika met “versigtig loop of balanseer op ’n tweesnydende lem”. Gehore is aangetrokke tot en word verlei deur die kunsvorm, maar voel ook dikwels vervreem en verwyderd weens die sonderlinge aard daarvan. “Hoe ons hierdie bevreemdende ruimtes bestuur, sal bepaal hoe dié kunsvorm waargeneem word.”

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.