22 Augustus 09:11
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 58%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Video
Kyk: Geen arms of bene, maar hope moed en durf

“Jy moet jou eie potensiaal definieer en jouself elke dag uitdaag.”

Met dié woorde het die Amerikaner Craig Dietz, wat nie arms of bene het nie, die pasiënte van die Mediclinic Muelmed se neuro- en spinale rehabilitasiesentrum Woensdagmiddag gemotiveer.

Dietz (43) het fokomelie, ’n aangebore afwyking wat behels dat een of meer ledemate nie ontwikkel nie.

Hy was vir 11 jaar ’n prokureur, maar sê hy het baie meer pret as ’n motiveringspreker.

Swem is sy grootste passie, maar hy jag, hengel, ski en speel kegelbal, vlugbal en ook tromme.

“Ek definieer myself nie as ’n gestremde nie.”

Craig Dietz van Amerika is sonder arms en bene gebore. Hy is ’n motiveringspreker. Foto: Seugnet van Zyl
Geen arms, geen bene, geen probleem. Dit is die leuse waarvolgens Craig Dietz, wat sonder arms en bene gebore is, lewe. Foto: Seugnet van Zyl

Hy sê sy uitdagings is nie noodwendig moeiliker as enigiemand anders s’n omdat hy nie arms of bene het nie.

En om dit te bewys, glip hy uit sy rolstoel en spring op die tafel voor hom. Dan gaan lê hy skielik op sy rug, net om weer te wys hoe maklik hy weer kan opstaan.

Dietz soek net aanhoudend na nuwe geleenthede om homself uit te daag.

In 2008 het hy in die Pittsburg-driekampbyeenkoms as deel van ’n driekampspan die eerste keer 1 500 m in die Allegheny-rivier geswem.

Nadat dié adrenaliengogga hom gebyt het, het hy sedertdien elke jaar aan dié byeenkoms deelgeneem en in 2012 het hy die 1 500 m vinniger as die gewone atlete geswem.

In 2013 het hy die eerste keer die Midmar-myl in KwaZulu-Natal geswem.

Dietz het verlede naweek weer aan dié swembyeenkoms deelgeneem waar hy gepoog het om 8 myl (sowat 12 km) ten bate van PinkDrive, ’n niewinsgewende organisasie vir borskankerbewusmaking, te swem.

Dié organisasie het in 2011 in die Wes-Kaap begin met reisende eenhede by plaaslike klinieke om kankerverwante ondersoeke vir meer mense beskikbaar te maak.

“Ek kon toe net 7 myl swem. Ek het aanvanklik gedink ek sal nie eens 1 myl kan swem nie en nou swem ek al 7 myl.”

Hy swem op sy rug met ’n paddavoet aan sy stukkie regterbeen.

Dietz sê sy familie is sy grootste bate.

“Hulle het my nooit opgepiep nie. In plaas daarvan dat hulle iets vir my gedoen het, het hulle my altyd eerder gehelp om dit self te doen.”

Sarah Masemene, ’n pasiënt van die Mediclinic Muelmed se neuro- en spinale rehabilitasiesentrum, saam met Craig Dietz.Foto: Seugnet van Zyl

Sy sin vir humor het hom ook baie deur die lewe gehelp.

“My ma het altyd gesê ek moet myself nie te ernstig opneem nie. Toe ek my eerste voertuig kry, het daar op die nommerplaat gestaan: ‘Look, Mom, no hands’.”

Hy het op 21 sy rybewys gekry en bestuur sedertdien sy eie minibus. Verskeie aanpassings is aangebring sodat dit vir hom moontlik is.

“Dis baie maklik om gefrustreerd te raak. Jy wil moed opgee omdat jy dit nie regkry nie, maar moenie ophou hoop nie.”

Sarah Masemene (40), wat ’n kwadrupleeg is nadat haar kêrel haar in 2011 in die nek gesteek het, sê Dietz is ’n voorbeeld dat jy alles kan doen.

Masemene ondergaan rehabilitasie by die sentrum sedert die ongeluk en skilder deesdae met haar mond.

Sy sien haarself ook nie as ’n gestremde nie.

“Gestremdheid is nie ’n doodsvonnis nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.