18 Augustus 14:32
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Nuus
Benoem jou Oupa en Ouma Roos

Dit is weer tyd vir die gewilde Athalia Oupa en Ouma Roos-eretoekennings.

Oupas en oumas is spesiale geskenke van God aan kleinkinders en hulle verdien erkenning vir hul onbaatsugtige liefde vir hul kleinkinders.

Dit is ook vir grootouers van ontskatbare waarde om met kleinkinders geseën te wees en die eretitel van Oupa of Ouma te dra. Nou het kinders en kleinkinders die geleentheid om met die spesiale oupa en ouma in hul familie te spog deur hulle vir die eretitel as beste oupa of ouma te benoem.

Dit is nie ’n kompetisie nie. Om bloot net vir dié titel benoem te word, is reeds vir grootouers ’n spesiale eer en elke oupa en ouma verdien die voorreg.

Oupa en Ouma Roos is vir die eerste keer deur Athalia-uitreik in 2012 aangebied met Bloemnuus as borg. Sedertdien het Radio Rosestad as mediaborg aangesluit en het dit jaarliks gegroei tot waar dit een van die hoogtepunte op Bloemfontein se sosiale kalendar is.

Die doel van die eretoekennings is tweeledig. Eerstens is dit die bestuur van Athalia-uitreik se manier om vir die gemeenskap dankie te sê vir hul betrokkenheid by die bediening deur die grootouers van Bloemfontein te vereer. Tweedens is dit ’n geleentheid om geld in te samel vir Athalia, wat ’n nie-winsgewende organisasie is.

Al die finaliste is eregaste op ’n rooitapyt gala-kroningsaand op 17 Oktober.

Laura Erlank en haar span by Magic Events Wedding and Function Venue Kelleysview gaan die gaste trakteer met ’n driegangmaaltyd.

Programbestuurders Johan Gunter en Ella Kotzé, saam met kunstenaars Zac Steyn en Riette gaan verseker dat die genomineerde grootouers en hul gaste ‘n aand geniet wat hul altyd sal onthou.

Spesiale oomblikke gedurende die aand word deur Juané Botes van JRB Fotografie op fotos vasgelê.

Die Athalia Oupa en Ouma Roos-eretoekennings vorm ook deel van die Bloemfontein-Roosfees.

Enigeen wat ’n oupa of ’n ouma is, kan deur ’n kind, kleinkind of vriend benoem word. Grootouers mag hulself ook inskryf.

Die enigste voorwaardes is dat die grootouers in Bloemnuus se verspreidingsgebied woon en dat hulle die kroningsaand in Bloemfontein moet bywoon. Daar is geen ouderdomsbeperking nie en inskrywings is gratis.

Drie verskillende kategorieë, naamlik Oupa en Ouma Roos-egpaar, Oupa Roos en Ouma Roos, bestaan.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is op 14 Augutus.

’n Foto wat die spesiale band tussen grootouer(s) en kleinkinders weerspieël, moet die inskrywing vergesel.

Kategoriewenners ontvang elk ’n ereband, ’n geraamde sertifikaat geborg deur Kotzé-kunsgallery, ’n wegbreeknaweek, asook spesiale ander bederfgeskenke.

  • Besoek www.athalia.co.za of www.bloemnuus.co.za vir meer inligting. Rig navrae aan Ans Coetzee by 082-467-6471 of stuur ’n e-pos aan ans@athalia.co.za. ’n Aanlyninskryfvorm is op Athalia se webtuiste beskikbaar.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloemnuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.