23 Junie 19:24
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Nuus
Beperkings, hoë pryse bly

Die Mangaung-metro sal nog nie sy waterbeperkings kan ophef nie omdat die damme, wat aan die metro water moet voorsien, se vlakke steeds nog net 50% of laer is.

Vlakdrie-waterbeperkings geld dus steeds en water sal baie duur bly.

Die metro begroot nou om R112 miljoen meer uit waterverkope in die geldjaar 2016-’17 te maak as waarvoor aanvanklik begroot is omdat watertariewe met 44% gestyg het, met die instel van vlakdrie-waterbeperkings op 1 Desember 2016.

Die metro het aanvanklik begroot om R711,793 miljoen met sy waterverkope in die geldjaar 2016-’17 te maak nadat water­tariewe op 1 Julie 2016 met 8% verhoog is, maar nou kom die R112 miljoen by nadat waterpryse met ’n verdere 44% op 1 Desember 2016 gestyg het en die nuwe waterinkomste vandeesweek so in die begroting aangesuiwer is.

Lulama Titi Odili, die metro-voorsitter van die openbare-rekeninge- en oorsigkomitee (ANC) het met die goedkeuring van die aan­suiweringsbegroting Dinsdag (07/03) die inligting op ’n raads­vergadering deurgegee.

Rossouw Botes, DA-raadslid en waterkenner, het vroeër ’n (water-)bom laat bars deur inligting te verskaf wat hy by betroubare ingeligtes bekom het dat die pompe by die Caledonrivier, wat water aan die Knellpoortdam moet verskaf, nie maksimum water kan onttrek nie weens ’n driefase-kragkabel wat eers aangelê moet word sodat meer pompe geaktiveer kan word.

Botes sê die aanlê van die driefase-kragkabel word al ’n paar jaar elke jaar beplan en dit kom onder bespreking om geld hiervoor te voorsien, maar om die een of ander rede gebeur dit nie.

Die Knellpoortdam was Dinsdag (07/03) 46,01% vol en die Rustfonteindam 50,1% vol.

“Omdat die damme, wat aan Bloemfontein water voorsien, nog nie tussen die 60%- en 70%-merk vol is nie, sal vlakdrie-waterbeperkings nie na vlak twee verslap kan word nie,” sê Botes.

Daar sal ook nog nie weggedoen kan word met die 44%-prysverhoging op water wat van 1 Desember af vir verbruikers ingestel is nie.

  • Die Vrystaatse damgemiddelde was op 27 Februarie vanjaar 82%, teenoor die 54,1% van die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
  • Die Gariepdam, Suid-Afrika se grootste dam, was Saterdag 101,97% vol en het begin oorloop.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.