27 Julie 00:26
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Nuus
BloemBuild-ekspo bied gratis lesings

DIE Suid-Afrikaanse Instituut van Argitekte, Vrystaat-streek (SAIA-Vrystaat), die departement argitektuur (UV), UV-universiteitseiendomme en hoofborg, Standard Bank, bied met trots aan: BloemBuild-ekspo 2016!

Dié ekspo vind vanjaar op 27 en 28 Julie in die Callie Humansentrum en Pluimbalsaal op die Kovsiekampus plaas.

Verskaffers, rolspelers en professionele verenigings vanuit die boubedryf sal op dié geleentheid hul produkte uitstal en hul dienste bemark.

Die ekspo sal bygewoon word deur professionele argitekte, ander rolspelers vanuit die boubedryf (bourekenaars, ingenieurs, kontrakteurs, ensovoorts), universiteitsdepartemente, -afdelings en -personeel, huiseienaars, ontwikkelaars, plaaslike owerhede, studente, die publiek en die media.

Die publiek en ander belangstellendes word na die Ekspo uitgenooi.

Toegang tot die ekspo, lesings en seminare is gratis.

Kom kyk gerus na die nuutste bou- en dekorprodukte op die mark. Kry meer as 70 (plaaslike en nasionale) verskaffers op een plek. Kry dié produk wat jy vir jou projek benodig by die BloemBuild-ekspo 2016.

Die ekspo is vanaf Woensdag (27/07) tot Donderdag (28/07) vanaf 08:30 tot 17:00. Die BloemBuild-ekspo sal amptelik op 27 Julie om 08:00 deur prof. Prakash Naidoo (UV se waarnemende vise-rektor: bedryf) in die Pluimbalsaal geopen word.

Kom neem gerus deel aan die Corobrik-siersteenuitdagings of besigtig studente se rekenaarontwerpkompetisies.

Clotan Steel se “craftlock mill” sal staaldakplate reg voor die Callie Humansaal se hoofingang vervaardig.

  • Daar sal ook vele argitektuuruitstallings wees om jou verbeelding aan te gryp: Uitstallings van professionele argitekte/lede van SAIA-Vrystaat se projekte. Kom besigtig hul werk en nader die argitek wat jou droomprojek sal laat waar word.) ’n Uitstalling van modelle deur argitektuurstudente (UV se departement argitektuur).) ’n Uitstalling van 66 projekte (vanaf 11 streeksinstellings) vir vanjaar se Corobrik/SAIA-toekenningsprogram vir 2015-’16. Dié uitstalling sal ook die volgende ses projekte van plaaslike argitekspraktyke insluit:– Gallery on Leviseur (Sergio Nunes Argitekte)– House Roodt (Roodt Argitekte)– The Edge Restaurant, Naval Hill (Reinier Brönn Argitekte & Vennote)– Liedjiesbos-gastehuis (New Residence p+arc Argitekte)– Reinvention of a 48-Year-Old Spec House – House Van Zyl (GXY Argitekte)

– Nuwe Besoekersentrum op die UV se hoofkampus (Typology Argitekte)

Alle belangstellendes is welkom om lesings en aanbiedings by te woon.

Aanbiedings sal wissel van “Water Wise Gardens”, projekontwikkeling, hoe om materiale te kies vir elke vertrek (binnenshuise versiering), asook ’n demonstrasie en praatjie oor “chalk paint”.

Interessante lesings sal ook aangebied word wat uit die volgende sal bestaan:
– “How Design Impacts on Productivity in the Workplace”
– ’n Aanbieding deur die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie (Sarap)
– “Cool Capital: From Pretoria to Venice” (Sessie 1). Boeke oor Cool Capital sal ook teen R200 (kontant) by die Callie Humansaal te koop aangebied word.
– “Cool Capital: Documentary ‘DorpStad’ ” (Sessie 2)
– ’n Lesing oor grondargitektuur
– “Staying abreast of the future: The impact of BIM, VR and current software on the work of Paragon Architects”
– “(De)mystifying the Design Process”
– “Alternative Dispute Resolution” (sessies van twee uur)

Met groot pryse op die spel kan niemand bekostig om dié ekspo mis te loop nie.

Om in aanmerking te kom vir die prystrekkings, maak seker dat ’n bywoningskaart (by SAIA-Vrystaat se inligtingstalletjies beskikbaar) geneem en ingevul word, al die stalletjies besoek word en dit in die houer (wat verskaf sal word) geplaas word.

Prystrekkings vind deur die loop van die twee dae plaas en wenners moet teenwoordig wees. Aflewering van pryse is nie ingesluit nie.

SAIA-Vrystaat bedank graag sy mediavennote vir hul bydraes: African Design Magazine, Architect & Builder, Architecture SA, BloemNuus, Elle Decoration, Floors in Africa, To Build en Walls & Roofs.

Ook ’n spesiale woord van dank aan die hoofborg, Standard Bank, en elke ander borg wat by die ekspo betrokke is.

Maatskappye wat nog as borge betrokke wil raak of pryse vir die prystrekkings wil borg, is welkom om SAIA-Vrystaat te kontak: 051-447-4909 of fsadmin@saia.org.za.

Besoek ook SAIA-Vrystaat se webblad (www.fsia.co.za) of Facebookblad (SAIA Free State) vir gereelde nuusbrokkies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloemnuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.