26 Junie 19:20
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Nuus
Diewe stel visier op motors

Misdadigers is bedrywig in Bloemfontein met misdade soos motordiefstal en diefstal uit voertuie wat aansienlik toeneem.

Net in Februarie is altesaam 26 voertuie in Bloemfontein gesteel terwyl ’n verdere 66 voorvalle van diefstal uit voertuie in die Parkweg-polisiëringsgebied aangemeld is.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die misdade neem teen ’n verbys- terende spoed toe met misdadigers wat op verskeie parkeerterreine in die stad toeslaan.

Nissan 1400-bakkies, Nissan Sentra-motors, ouer modelle Mazda- en Toyota Corolla-motors en Toyota Hilux-bakkies is veral diewe se teikens.

Die voertuie word veral by die Bloemfontein-skouterrein, Checkers in Westdene, die winkelsentrum in Fleurdal en die Universitas-hospitaal gesteel.

“Uit ’n analise van die probleem het
dit aan die lig gekom die meeste van
die voorvalle is weens die nalatigheid
van die motorbestuurders.

“Ons wil motoriste waarsku om veral versigtig te wees wanneer hulle hul voertuie sluit. Motoriste moet seker maak hul voertuie is wel gesluit voordat hulle wegstap,” sê Marope.

Volgens hom vind die meeste diefstalle uit motorvoertuie plaas wanneer diewe ’n afstandbeheerder gebruik om die sein na voertuie te onderbreek wanneer die eienaars hul voertuie wil sluit.

Mense moet meer oplettend wees en nooit enige besitting oop en bloot in die motor agterlaat nie.

In ander gevalle het diewe die voertuie se ruite gebreek om toegang tot die voertuig te kry.

“Ons het polisiesigbaarheid by alle geïdentifiseerde brandpunte verbeter
en vra motoriste om op hul beurt hul eiendom te beveilig,” sê Marope.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.