28 Junie 19:39
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Nuus
Dit is tyd

Dit is tyd. Tyd vir Suid-Afrikaners om saam te staan en hul stem in smeekgebed aan God te offer.

Só meen die evangelis Angus Buchan en sy span organiseerders wat die It’s Time-biddag ’n werklikheid maak.

Mense van oor die land heen word genooi om Saterdag (22/04) dié dag van gebed en aanbidding op die plaas Wilde Als buite Bloemfontein by te woon.

“Die biddag is vir die hele Suid-Afrikaanse volk – alle geslagte, rasse en denominasies wat hulle oor die venyn, haat, geweld, moord en korrupsie in die land bekommer,” het Buchan luidens ’n verklaring gesê.

“Die tyd het nou aangebreek om op te hou om net daaroor te praat. Ons verklaar oorlog teen disrespek vir menslike lewe en liefdeloosheid. Die streep word op 22 April in die sand getrek.”

Voorbereidings word getref om nagenoeg 1 miljoen mense op die plaas te ontvang.

Die Kairos-gemeente in Bloemfontein het vir die geleentheid tien busse, wat elk 80 mense vervoer, bespreek.

“En al die busse is vol,” sê Suretha Odendaal, sekretaresse van die kerk.

Hoewel baie van die lidmate die busse gaan vul, is dié vervoer ook vir mense van Heidedal en Bloem Shelter.

Sy meen hoewel parkeerplek op dié dag ’n kopseer kan wees, dit die moeite werd is.

“Dié is ’n dag wat die Here gaan beweeg. Ons kan maar ons gemak vir een dag opoffer.”

Staanplekke vir tente en woonwaens sal beskikbaar wees vir mense wat reeds die vorige dag opdaag.

Volgens die organiseerders word ’n magdom verkeer verwag, maar veiligheidsmaatreëls is getref.

Motoriste word aangemoedig om die N1 te vermy, aangesien dié pad vir busse en noodvoertuie aangewys is.

Sowat 300 000 voertuie word verwag.

  • Die geleentheid begin om 12:00. Almal wat dit bywoon, moet hul eie kos en water voorsien.
  • Gratis parkeerkaartjies is op die Itickets-webwerf beskikbaar.

Volgens die It’s Time-biddag se ­organiseerders moet mense hulleself voorberei vir die dag deur die volgende na die geleentheid te bring:

  • hoed en sonbrandroom
  • baadjie
  • gemaklike skoene
  • genoeg kos en water vir ongeveer 12 uur
  • stoel of kombers
  • sambreel
  • chroniese medisyne
  • flits met nuwe batterye
  • noodhulptassie
  • bybel
  • plastieksak vir jou rommel
  • toiletpapier
  • Geen drank, glasbottels of vleisbraaivure word toegelaat nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.