29 Mei 20:56
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 72%

Nuus
Haar passie om kinders te help

Soms voel dit of die wêreld waarin ons leef, meer uitdagings as ’n paar dekades gelede inhou.

Nadat Maryna du Plessis drie jaar in Engeland deurgebring het en een jaar as onderwyser gewerk het, het sy weer besef dat sy haar passie om kinders te help, wil uitleef.

Vandag is sy by die Ilane-leersentrum in Universitas betrokke waar sy haar daarop toespits om gestremde kinders ’n hupstoot in die lewe te gee.

Die naam van die leersentrum is van haar eie twee dogters, Ilanze en Deune, se name afgelei.

“Die hele idee agter hierdie leersentrum is om leerlinge wat nie in die hoofstroom van ’n gewone skool kan funksioneer nie, die geleentheid te gee om so normaal as moontlik in die samelewing aan te pas.

“Ons poog om hulle geluk in ’n skoolomgewing te laat vind en om soos ander kinders maats te maak,” verduidelik Maryna.

Die gestremdheid waarmee hulle deesdae die meeste te doen kry, is outisme.

“Die feit dat outisme byna daagliks toeneem, lei na verskeie mediese vrae.”

“Behalwe vir outisme, het ons met kinders te doen wat onder meer serebraal gestremd is en met epilepsie, ADHD, kognitiewe agterstande en Down-sindroom gediagnoseer is. Ons werk ook met kinders wat fisiek en emosioneel mishandel is.”

Daar is 20 kinders by die leersentrum en The Therapy Centre maak weekliks ’n draai om terapie te gee.

“Die grootste uitdaging is dat ons sukkel om leerlinge in skole te plaas en dat daar te min skole is wat na hierdie kinders se behoeftes kan omsien,” sê Maryna.

“Daar is gewoonlik ook te min befondsing vir die ouers om hul kinders se fisieke en kognitiewe behoeftes verder te ontwikkel.”

Op die perseel langs Ilane-leersentrum het Maryna ook ’n Engelse kleuterskool, My Happy Place, wat 20 Engelstalige kleuters akkommodeer.

Maryna geniet dit omdat elke dag ’n nuwe uitdaging inhou.

“Dit hou ’n mens op jou tone en jy moet vinnig en skeppend kan dink,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.