25 Maart 11:47
Kaapstad Verander Area

Saterdag

21°C / 14°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Nuus
Help my om te verstaan

“Jy het seker gehoor: Ek het twee dae gelede probeer selfmoord pleeg.”

Sy stuur dié boodskap aan my vanuit die 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein. Haar naam is Lee-Ann Beckmann.

Sy probeer nie eens om verskonings vir haar oënskynlik lafhartige daad te maak nie. Sy kan nie oor die dood van haar tweejarige krulkoppie kom nie.

Sy wil nie met die verlange of die pyn saamleef nie. Sy wil nie meer lewe nie.

Zoey is op 25 Januarie vanjaar in die Kimberley-hospitaal oorlede. Op haar doodsertifikaat word aangedui dat sy aan natuurlike oorsake gesterf het. Haar ouers glo egter dat dit baie ver van die waarheid verwyder is. Hulle meen sy is weens die hospitaal se nalatigheid dood.

’n Paar dae gelede val George Roodt van Heilbron van sy huis se dak af. Sy ribbes pyn, hy voel baie sleg en hy bloei inwendig.

By die Tokollo-hospitaal word hy vir hardlywigheid behandel.

Kort daarna sterf hy.

Dié twee gevalle is maar net die piepklein oortjies van die reuseseekoei. In baie gevalle is ’n opname in ’n staatshospitaal ’n doodsvonnis. Jy is uiters bevoorreg as jy ’n siekefonds het. Daar is baie wat nie eens kos het nie, wat nog van ’n siekefonds wat jou derduisende rande per jaar uit die sak jaag.

Die staat trek net sy skouers op. Dit is net bevoorregtes wat kla. Dit is rassisties om te kla.

Ons lees van die gevalle soos Zoey en George. Ons voel dalk vir ’n dag hartseer oor die pyn van hul geliefdes.

Maar die werklikheid is dat dit nie net gevalle is nie. Hulle was ménse, van vlees en bloed.

Zoey was die kroonprinsessie van haar ouers se huwelik. Sy was die rede vir hul bestaan. Haar lag het elke dag deur die huis weerklink, haar haastige voetstappies kon altyd gehoor word.

Met haar opgewekte en borrelende persoonlikheid het sy gereeld haar arms om haar ouers geslaan en hulle gedruk en gesoen.

In Heilbron is daar kleinkinders wat nooit weer hul “Oupie” se stem sal hoor nie.

Selfs ná die dood van meer as 100 psigiatriese staatspasiënte is daar steeds geen poging aan die regering se kant om ’n stelsel in plek te sit om nalatigheid in staatshospitale te monitor nie.

Hoe is dit moontlik?

Help my asseblief om te verstaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.