28 April 04:29
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Nuus
Nuwe app laat motor self betaal

Die brandstofgroep Shell en die luuksemotorvervaardiger Jaguar het die wêreld se eerste betaalstelsel vir brandstof bekend gestel waar jou motor as’t ware sélf vir die brandstof betaal.

’n Shell-toepassing word ingebou in die nuwe jaarmodelle vir die Jaguar XE, XF en F-Pace.

Bestuurders kan PayPal of Apple Pay via ’n raakskerm op die motor se paneelbord gebruik om vir brandstof by Shell-vulstasies te betaal.

As dit ’n maatskappymotor is, kan bestuurders hul reise en brandstofaankope via die raakskerm aanteken.

Jaguar werk aan nóg kontantlose tegnologie sodat bestuurders van Jaguars en Land Rovers eendag ook parkeergarages en deurryrestaurante kan gebruik en vir dienste kan betaal sonder om uit te klim.

Aanvanklik sal die app vir betalings van brandstof net in Brittanje beskikbaar wees, maar daarna oor die wêreld heen uitgebrei word. Die Shell-app vir in-motor kontantlose betalings sal van nou tot 2018 ook in ander markte, insluitend Suid-Afrika, bekend gestel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.