25 Maart 11:48
Kaapstad Verander Area

Saterdag

21°C / 14°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Nuus
Odeion se topstudente tree op

’n Werk vir klarinet en kamerorkes deur die Suid-Afrikaanse komponis Keith Moss is ’n hoogtepunt op die program waarmee die Universiteit van die Vrystaat (UV) se musiekskool vanjaar geopen word.

Dié konsert is elke jaar ’n toonvenster vir die Odeion-skool vir Musiek (OSM) se topstudente, van wie vyf vanjaar gehoor sal word.

Die OSM Camerata en Danré Strydom, die solis in Moss se Concertino vir klarinet en kamerorkes, sluit die program af. Xavier Cloete dirigeer.

Die studente wat in die eerste helfte optree, is die pianis Margot Viljoen (“The Serpent’s Kiss” van William Bolcom), die fluitspeler Nina Cilliers (Mazurka de Salon, op. 16 van Franz Doppler), die sopraan Charity Leburu (“La mamma morta” uit die opera Andrea Chénier van Umberto Giordano), die tjellis Chris van Zyl (Paganini se Variasies op een snaar op ’n tema van Rossini) en die orrelis Eljee du Plooy (Transports de joie d’une âme devant la gloire du Christ qui est la sienna van Messiaen).

Lesley-Ann Matthews staan Van Zyl en Cilliers by en Cézarre Strydom begelei Leburu.

Moss se Concertino is in 2016 in opdrag van die Samro-stigting vir die Klarinet-extravaganza geskryf en is deur die Belgiese klarinetsolis Eddy Vanoosthuyse uitgevoer.

Moss beskryf die musiek as toeganklik, maar met tegniese uitdagings vir die solis. Dit begin met ’n wals wat die klarinet se melodiese spektrum vertoon en in die tweede deel die instrument se melancholiese karakter.

’n Virtuose derde deel sluit die werk af. Strydom is ’n klarinetsolis en -dosent aan die OSM.

  • Fine Music Radio neem die konsert op en sal dit later vanjaar uitsaai. OSM-openingskonsert: Donderdag (16/03) om 19:30 by die Odeion-teater. Kaartjies: R110, R70, R60, R40 by Computicket of by die deur.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.