23 Augustus 08:14
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nuus
Ontwikkeling wil nie vlieg

’n Multimiljoenrand-ontwikkeling – die grootste nóg in Bloemfontein – wat in die Bram Fischer-lughawe­gebied moes plaasvind en duisende werkgeleenthede moes skep, staan doodstil terwyl die Mangaung-metro se inwoners die munisipaliteit meer as R4 000 miljoen skuld.

Só het Hans Britz, DA-raadslid van die Mangaung-metro, Dinsdag 7 Maart in die Bram Fischer- munisipale gebou in Bloemfontein gesê, waar ’n raadsvergadering gehou is om onder meer die stad se aansuiweringsbegroting goed te keur.

Britz meen Pravin Gordhan, minister van finansies, het onlangs in sy begrotingsrede gesê: “In Mangaung is die lughawe-streekontwikkelingsprojek onder konstruksie en 8 500 bekostigbare behuisingseenhede word in en om Bloemfontein gebou.”

Hy het gesê die minister het dié inligting nie uit die duim gesuig nie. Iemand moes hom van die “vals inligting” voorsien het.

“Die waarheid is dat miljoene rande van die projek – wat die stad se vlagskipprojek moes wees – onder verdagte omstandighede verlore geraak het. Niks gebeur op die braak stuk grond nie.”

Britz het gesê daar is ’n groot stuk ANC-propaganda aan die projek gekoppel.

“In sy begrotingsrede van 30 Mei 2013 het die indertydse burgemeester, Thabo Manyoni, gesê daar gaan wonderlike ontwikkelings uit die projek kom, soos kantoorparke, skole, kerke, inkopiesentrums, hotelle, hoë- en laedigtheidsbehuising, handelsparke, ligte nywerhede en ontspanningsparke.”

Grondwerke sou in Junie 2013 begin en net die eerste fase van die projek sou sowat 11 000 werksgeleenthede skep.

Britz het gesê in die aansuiweringsbegroting wat Dinsdag goedgekeur is, word die kapitaal­begroting vir die lughawe-streekontwikkelingsprojek met R55 miljoen afwaarts aangepas tot niks nie vir die res van die boekjaar.

“Eish man, julle moet ophou lieg!” het hy gesê. Hy het gesê die uitstaande skuld van inwoners aan die metro van R4 000 miljoen is gelyk aan 61% van die aangesuiwerde totale bedryfsbegroting van die metro van R6 575 miljoen.

“Weens die vinnig groeiende skuld aan die metro moes die voorsiening vir slegte skuld met R112,2 miljoen opwaarts aangepas word. Dit is maar een van die nadele as skuld nie ingevorder word nie.”

Die begrotingspos vir die uitvoerende burgemeester en raad moes van R396,7 miljoen tot R405,7 miljoen vir die huidige boekjaar opwaarts aangesuiwer word. Dié groei word veroorsaak deur R5 miljoen se ongespesifiseerde, spesiale projekte van die burgemeester en R4 miljoen vir die koop van riooltenkwaens.

“Ons moet nog R5 miljoen vir die burgemeester se spesiale projekte bewillig, maar het nie ’n idee waarvoor dit gaan nie. Sy sal ons moet inlig of anders is dit dalk net nog ’n Gupta-projek,” het Britz gesê.

Hy het gesê wat wonderlik sal wees, is as die burgemeester aankondig dat dié geld gebruik gaan word om die morsige middestad van Bloemfontein skoon te maak.

“As die uitvoerende burgemeester nie op haar raadslid vir die middestad (wyk 19) kan reken om die middestad skoon te maak nie, kan sy self ’n besoek in Fichardtstraat, Goddardstraat en Koning Eduardweg gaan aflê. Daar is nog baie meer sulke plekke wat ’n grap maak van ons strewe om inwoners in ’n skoon omgewing te laat woon en werk.”

Die ANC se David Pongoloa het gesê die ontwerp van die Bram Fischer-streekontwikkelingsprojek en dorpstigting moes eers afgehandel word, terwyl water en krag wel intussen aangelê is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloemnuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.