23 Augustus 08:10
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nuus
Oor taal, wolke en hansworse

Ons oudste dogter, Nadia, was seker so agt jaar oud toe sy sommer lekker gemaklik begin kommunikeer in Engels. Een dag toe ons deur die stad ry, besluit ek om haar taalvernuf so ’n bietjie te toets.

Baie versigtig vra ek: “Sussie, wat sê ek nou? ‘The grass is green’.”

Sy dink toe ’n oomblik en antwoord: “Die gras is groen.” “Mooi Sussie,” prys ek haar.

“Wat sê ek nou? ‘The trees are brown’.”

Weer dink sy so ’n klein rukkie en sê: “Die bome is bruin.”

Weer komplimenteer ek haar oor haar knap antwoord. Aangesien sy nou mooi ontdooi, besluit ek toe om na ’n hoër rat oor te skakel.

Ek sê toe vir haar: “Nou gaan ek vir jou ’n moeilike een vra. Luister nou baie mooi: ‘Are there any clouds in the sky?’’’

Sonder om te huiwer, helder haar gesiggie op en sê sy met ’n groot glimlag: “Ag Pappa, dis maklik! ‘Is daar enige hansworse in die lug?”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloemnuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.